FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op die rooi tapyt

Jaimie Alexander se gewaagde rok – JA of NEE?

Die relatief onbekende aktrise Jaimie Alexander het al die aandag gesteel by die Hollywood-première van Thor: The Dark World.

Vir Thor-aanhangers is sy bekend as die sexy Sif in die Thor-films waarin Chris Hemsworth en Natalie Portman die hoofrolle vertolk. Maar Jaimie het seker gemaak sý trek al die aandag toe die tweede film in dié reeks bekendgestel is.

Die 29-jarige aktrise het ’n vollengte rok gekies wat op baie strategiese plekke deursigtig is. Die oorsese mode-kenners was verdeeld oor dié rok. Sommige het gesê sy wys te veel en dat dit onsmaaklik is, ander het baie van haar gewaagde styl gehou.

Nou kan jy jou mening gee – is Jaimie se rok ’n treffer of n flop?

"Thor: The Dark World" - Los Angeles Premiere - Arrivals

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Jaimie-Alexander-Sif-Thor-Movie-Poster

Jaimie as Sif in ‘Thor’

 

 

  • Freda

    Dit is gewaagd maar nogsteeds stylvol. Sy lys rerig nie sleg nie. EN sy het die lyfie daarvoor!!

    • Freda

      Ek praat van Jaimie se rok!

  • Elizabeth Avenant

    Wow!!!! Nee sjoe!!! Heeltemal te gewaagd!! Nie stylvol nie! Verkeerde rok vir verkeerde “okkasie”!!

  • Sandra

    Nope, nie stylvol nie. Verkeerde keuse, verkeerde geleentheid. Nie sexy nie, die naaktheid pas nie by die rok se snit en styl nie.

  • santie

    Lol, daar is dan niks om te wys!?

  • Herman

    10/10

    • Elizabeth Avenant

      Natuurlik sal MANS van die rok hou!!?? Alla mattag!!! (Soos my kleinkind se!)

  • Jeanita Cilliers

    Sy het aandag getrek,maar weet min van styl af!