Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt

Deur Maryke Cumpsty, SARIE Maart 2010

Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt Foto’s: www.wmagazine.com Galery

Hier is foto's van die 'paartjie'by die onlangse New Yorkse premiere van hul fliek, The Bounty Hunter. Kyk ook uit vir 'n eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler hier op sarie.com.

Jennifer Aniston en Gerard Butler

IS HULLE OF IS HULLE NIE?

W-voorblad vir April 2010

Die nuutste W-voorblad is warm – vuurwarm – met 'n sexy Gerard Butler en Jennifer Aniston smeulend in die woestynhitte. Hulle speel teenoor mekaar in The Bounty Hunter wat vanaf 2 April in Suid-Afrikaanse fliekteaters te sien is. Dis ook W wat in Julie 2005, nog vóór Jennifer en Brad Pitt se egskeiding, 'n sexy voorblad en modesessie met Brad Pitt en Angelina Jolie gepubliseer het, kompleet met 'n klomp kindertjies om die etenstafel.

Volgens gerugte is Jennifer en Gerard in die werklike lewe 'n paartjie, maar nie een van hulle het dit al aan die media erken nie. Die twee het mekaar op die stel van The Bounty Hunter ontmoet.

Dié voorblad en foto's vir die 13-bladsye storie is so 45 minute buite Los Angeles op 'n beesplaas deur die fotograaf Steven Klein geskiet. Ironies genoeg het Klein ook die foto's van Brad en Angelina in 2005 geneem.

Jennifer Aniston in W

Die April-uitgawe van W verskyn 17 Maart op Amerikaanse winkelrakke en 'n bietjie later ook by ons.

* Kyk uit vir ons eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler oor The Bounty Hunter.

* Kyk na die voorprent van The Bounty Hunter.

Verwante artikels

  • Eksklusief: Nicole Kidman praat met sarie.com

    Eksklusief: Nicole Kidman praat met sarie.com

    SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1

    Sy's weer in 'n musiekblyspel wat beloof om 'n lokettreffer te wees. In Nine speel sy teenoor nog groot name soos Penélope Cruz, Sophia Loren, Judi Dench, Marion Cotillard en Kate Hudson. Sy vertel meer oor haar lewe Keith en Sunday Rose.

  • Gerard Butler gesels oor The Bounty Hunter saam met Jennifer Aniston

    Gerard Butler gesels oor The Bounty Hunter saam met Jennifer Aniston

    SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1

    Gerard Butler speel die rol van Milo Boyd teenoor Jennifer Aniston in The Bounty Hunter. Dit gons behoorlik in die media oor die energie tussen hulle. Hy gesels oor die fliek

  • Kuier agter die skerms by Vogue

    Kuier agter die skerms by Vogue

    SARIE - Oktober 2009

    Dit was die dikste uitgawe van Vogue nog. En sy is die mees gevreesde redakteur in die wêreld. Anna Wintour neem kykers vir die eerste keer agter die skerms by die Vogue-tydskrif

  • Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak

    Marion Cotillard is die gesig van die Lady Dior-handsak

    Dié Oscar-wenner, bekend vir haar rol as Edith Piaf in La Vie en Rose, gaan oor die volgende 2 jaar in 4 Dior-kortflieks speel

  • Rol uit die rooi tapyt! Dis weer tyd vir die Emmys

    Rol uit die rooi tapyt! Dis weer tyd vir die Emmys

    SARIE Augustus 2010

    Hollywood gaan Sondagaand (29 Augustus 2010) behoorlik skitter met sy blinkste sterre, glansryke uitrustings en blinkgevryfde Emmy-toekenings. 

  • Susan Boyle - kyk hoe lyk ek nou!

    Susan Boyle - kyk hoe lyk ek nou!

    SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 8

    Sy sukkel om te beskryf hoe ingrypend haar lewe verander het sedert miljoene mense wêreldwyd haar in April 2009 op die verhoog van Britain’s Got Talent hoor sing het. Oornag het Susan Boyle, oujongnooi in ‘n piepklein dorpie, verander in 'n internasionale sangsensasie.

  • WEN 'n butler-kursus ter waarde van R15 000

    WEN 'n butler-kursus ter waarde van R15 000

    SARIE - Junie 2010

    Wil jy 'n butler word en is jy 'n vrou met volwassenheid en individualiteit? Slaan 'n butlerkursus van agt weke ter waarde van R 15 000 by die SA Butler-akademie in Kaapstad los.

Galery

  • Jennifer Aniston en Gerard Butler
  • Jennifer Aniston en Gerard Butler
  • Jennifer Aniston
  • Jennifer Aniston in W
  • W-voorblad vir April 2010

Kommentaar

Web Development by FormFunction