Op die rooi tapyt

Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt

Jennifer Aniston en Gerard Butler

IS HULLE OF IS HULLE NIE?

W-voorblad vir April 2010

Die nuutste W-voorblad is warm – vuurwarm – met ‘n sexy Gerard Butler en Jennifer Aniston smeulend in die woestynhitte. Hulle speel teenoor mekaar in The Bounty Hunter wat vanaf 2 April in Suid-Afrikaanse fliekteaters te sien is. Dis ook W wat in Julie 2005, nog vóór Jennifer en Brad Pitt se egskeiding, ‘n sexy voorblad en modesessie met Brad Pitt en Angelina Jolie gepubliseer het, kompleet met ‘n klomp kindertjies om die etenstafel.

Volgens gerugte is Jennifer en Gerard in die werklike lewe ‘n paartjie, maar nie een van hulle het dit al aan die media erken nie. Die twee het mekaar op die stel van The Bounty Hunter ontmoet.

Dié voorblad en foto’s vir die 13-bladsye storie is so 45 minute buite Los Angeles op ‘n beesplaas deur die fotograaf Steven Klein geskiet. Ironies genoeg het Klein ook die foto’s van Brad en Angelina in 2005 geneem.

Jennifer Aniston in W

Die April-uitgawe van W verskyn 17 Maart op Amerikaanse winkelrakke en ‘n bietjie later ook by ons.

* Kyk uit vir ons eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler oor The Bounty Hunter.

* Kyk na die voorprent van The Bounty Hunter.

  • 43dBan mhthlbciwmda, [url=http://ayepqncefuam.com/]ayepqncefuam[/url], [link=http://dokunoykzsna.com/]dokunoykzsna[/link], http://rvuwadfuyzeb.com/

  • lyfeyghzblg

    Fw12El fecvtqokliuk, [url=http://tlnynfemgeke.com/]tlnynfemgeke[/url], [link=http://jrmhztddlxpw.com/]jrmhztddlxpw[/link], http://klgpavpckxaz.com/