FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Op die rooi tapyt

Jennifer Lawrence se rok – JA of NEE?

’n Nuwe haarstyl én ’n nuwe waaghalsige styl. Jennifer Lawrence eksperimenteer met ’n nuwe styl op die rooi tapyt.

Jennifer Lawrence se nuwe fliek, die tweede in die Hunger Games-reeks, is onlangs bekendgestel. Jennifer Lawrence wat een van die hoofrolle, Katniss Everdeen vertolk, het vinnig ’n gunsteling onder die jonger kykers geword. Dit was haar rol in Silver Linings Playbook waarvoor sy die Oscar vir Beste Aktrise ontvang het, wat haar aan ’n breër gehoor bekendgestel het.

Maar dié 23-jarige aktrise is nou besig om vir haarself ’n nuwe voorkoms en styl te gee. Sy het ’n paar weke gelede haar hare in ’n pixie-styl laat sny en begin al hoe meer waaghalsig op die rooi tapyt aantrek.

Sy het by die Los Angeles-première van die fliek dié deurskynende rok gekies. Nou kan jy jou mening gee – is Jennifer se rok ’n treffer of n flop?

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Jennifer en haar mede-spelers van "Hunger Games: Catching Fire" FOTO: Instagram

Jennifer en haar mede-spelers van “Hunger Games: Catching Fire” FOTO: Instagram

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Jennifer Lawrence se styl-transformasie

(Klik op die foto om te vergroot)

 

  • Anna-Marie

    Sy lyk regtig simpel. Ek kyk altyd graag wat sy aan het want is mal oor haar styl, maar hierdie rok is ‘n regte flop! Sy moes ook nie haar hare geknip het nie-lawwe ding… Ns Het gister die fliek gaan kyk (Catching Fire) – dit is briljant en Katniss se uitrustings asemrowend.

  • Lezette Snyman

    Mal daaroor. Dis iets anders, vroulik en syt die regte lyf daarvoor.