FOTO: Instagram  @eliesaabworld

FOTO: Instagram @eliesaabworld

Op die rooi tapyt

Julia Roberts se Elie Saab-skepping: JA of NEE?

Dit was gisteraand die Emmy-toekennings en die rooi tapyt was vol glansmodes.

Julia Roberts het ’n Elie Saab-skepping vir dié geleentheid gekies. Sy was benoem vir haar rol in The Normal Heart, ’n televisiefilm oor ’n MIV/vigs-aktivis wat gedurende die 1980’s geld insamel vir dié sindroom.

Alhoewel Julia nie met die beeldjie weggestap het nie, het die fliek in die kategorie Beste Televisiefilm gewen.

Maar nou wil ons hoor wat jy van Julia se rok dink? Is dit ’n wenner of ’n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Later vandag wys SARIE se moderedakteur haar top-rokke van die aand aan. Hou SARIE.com dop!