FOTO: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

FOTO: Richard Harbaugh / ©A.M.P.A.S.

Op die rooi tapyt

Leonardo DiCaprio hét sy Oscar!

Dankie tog! Leonardo DiCaprio het ná ses benoemings uiteindelik sy goue beeldjie gekry toe hy die Oscar vir beste akteur gewen het.

Toe Julianne Moore sy naam uitlees, het almal hom staande toegejuig.

via GIPHY

Dit was Leonardo se sesde Oscar-benoeming en mense het al begin dink hy gaan deel in die lot van die veteraan-akteur Peter O’Toole. Peter was agt keer benoem, maar hy het in 2013 gesterf sonder om een enkele Oscar te wen.

Embed from Getty Images

Hier is ’n lys van Leo se benoemings oor die jare:

1994 – Beste manlike byspeler vir What’s Eating Gilbert Grape.

2005 – Beste akteur vir The Aviator.

2007 – Beste akteur vir Blood Diamond en The Departed

2014 – Beste akteur en beste film vir The Wolf of Wall Street.

2015 – Beste akteur vir The Revenant. 

 

Bron: Just Jared

Lees nou: