Op die rooi tapyt

Louis Vuitton skitter by die Oscars

Sterre soos Gwyneth Paltrow, Zoë Saldana en Anjelica Huston het geskitter met dié modehuis se bykomstighede. En van die mans het gesmeul in LV-aandpakke.

Die tydskrif Vanity Fair se jaarlikse Oscar-partytjie word ná die prysoorhandiging by die Sunset Towers in Beverly Hills gehou. Gaste van dié partytjie was nie noodwendig by die Oscar-plegtigheid nie, maar kuier saam met die wenners en ander mense in die vermaaklikheidswêreld. Kyk wie het almal Louis Vuitton aangehad by dié gesogte partytjie:

FOTO BO:
Gwyneth Paltrow
, wat ook as gaskunstenaar opgetree het by dié geleentheid, het Louis Vuitton-juweliersware uit die L’Ame du Voyage-reeks gedra. Sy het ‘n ring, ‘n borsspeld en oorbelle aangehad. Dit is ’n baie unieke ontwerp, want die diamante en ander stene is so gerangskik dat jy die wêreldberoemde Louis Vuitton-embleem dadelik herken.

 


Die Britse akteur Andrew Garfield, te sien in The Social Network, het ‘n Louis Vuitton-aandpak  en -skoene aangehad.

Emile Sherman, wat met die Oscar vir beste vervaardiger vir The King’s Speech weggestap het, het op die rooi tapyt verskyn met ‘n Louis Vuitton-aandpak en -skoene.

Zoë Saldana het ’n Louis Vuitton-palmsakkie, ook bekend as die Tassel Clutch, uit die Lente/Somer 2011-versameling gedra. Leighton Meester van Gossip Girl-faam het met net so ’n palmsakkie daar opgedaag.

Anjelica Huston het die Sofia Coppola Clutch in goud gedra.