FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Op die rooi tapyt

Meryl Streep se rok – JA of NEE. PLUS staan só en lyk maerder

Die legendariese aktrise Meryl Streep wat tot nou die dag nog aan ’n fliek in Suid-Afrika geskiet het, het dié room-kleurige rok gekies vir die première van haar nuwe fliek Osage County.

Die 64-jarige aktrise wat tot onlangs saam met Taylor Swift en Katie Holmes aan die film The Giver in Suid-Afrika verfilm het, het Maandag haar nuwe film Osage County in Los Angeles bekendgestel.

Dié fliek waarin Julia Roberts en Ewan McGregor ook speel, volg die lewens van die vurige Weston-susters wat ná jare weer by hul ouerhuis in Oklahoma byeenkom om hul disfuksionele ma by te staan. (Kyk na dié lokprent onderaan dié artikel.)

Vir dié première het Meryl ’n room-kleurige Gucci-rok gekies wat bo-oor haar knieë kom. Sy het skoene met ’n slangvelpatroon gedra, met ’n bruin palmtas, lang silwer halssnoer – en haar bril!

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok, of nie?

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Waarom staan Meryl só?

Hollywood-sterre ken die truuks om maerder te lyk op foto’s. Die celeb-fotograaf Darren Rowse deel sy wenke om jou soos ’n ster op al jou foto’s te laat lyk!

  • Dunner middel

Roteer jou bolyf effens by jou middel, soos wat Meryl ook doen. As jou bolyf presies bo-op jou onderlyf is (jou skouers direk bo jou heupe), kan jou lyf vinnig soos ’n blok sonder kontoere lyk.

  • Skraler bo-bene

Jy sal dit al baie gesien het – Meryl doen dit ook in dié foto. Kruis jou een been voor jou ander een sodat jou bo-bene skraler lyk. Moet dit nie oordoen nie – dit kan dan vinnig lyk of jy knyp!

  • Mooi postuur

Staan regop, skouers terug en trek jou vlerkies af én na mekaar toe. Jou maag sal outomaties dan ook effens intrek.

Lokprent vir Osage County

Addisionele bron: Digital Photography School, Darren Rowse