FOTO: Getty Images / Gallo Images vir Paramount Pictures International

Op die rooi tapyt

Nicola Peltz se uitrusting – JA of NEE?

Die 19-jarige aktrise Nicola Peltz trek aandag waar sy gaan. Sy het dié uitrusting gisteraand by die Brasiliaanse première van die langverwagte vierde aflewering in die Transformers-reeks gedra. En sommige mense dink dis te gewaagd …. Wat dink jy?

Nicola Peltz speel die hoofrol teenoor Mark Wahlberg in dié gewilde fliekreeks, maar dit is haar uitrustings by die wêreld-premières wat die aandag trek. SARIE.com het verlede maand ook foto’s van dié jong aktrise se uitrusting gewys wat baie mense aan die gons gehad het.

Wat dink jy van haar wit tweestuk wat sy gisteraand gekies het? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

FOTO: Getty Images / Gallo Images vir Paramount Pictures International

FOTO: Getty Images / Gallo Images vir Paramount Pictures International

Dié rol is Nicola eerste hoofrol in ’n groot Hollywood-fliek – en dit saam met talentvolle akteurs soos Mark Wahlberg, Stanley Tucci en Kelsey Grammer. Die eerste film van die Transformers-reeks in 2007 het sterre gemaak van van Shia LaBeouf en Megan Fox.

Kenners glo Nicola is die volgende groot aktrise. Sy is die dogter van ’n model, Claudia Heffner, en haar pa, Nelson Peltz, is ’n baie suksesvolle sakeman. Sy het van jongs af begin met verhoogwerk, maar het nog net ’n paar TV- en film-rolle agter haar naam gehad voordat sy dié gesogte rol losgeslaan het.