Nicola Peltz by die première van Transformers: Age Of Extinction FOTO: Gallo Images / Getty Images

Nicola Peltz by die première van Transformers: Age Of Extinction FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op die rooi tapyt

Nicola Peltz se uitsnyrok – JA of NEE?

Dit was gisteraand die première van die langverwagte vierde aflwering in die Transformers-reeks. Al die sterre was by die rooitapyt-geleentheid wat in Hong Kong gehou is, maar Nicola Peltz, wat die hoofrol teenoor Mark Wahlberg vertolk, se rok het die aandag getrek.

Dit was ’n groot oomblik vir dié 19-jarige aktrise. Dié rol is haar eerste hoofrol in ’n groot Hollywood-fliek – en dit saam met talentvolle akteurs soos Mark Wahlberg, Stanley Tucci en Kelsey Grammer. Die eerste film van die Transformers-reeks in 2007 het sterre van Shia LeBeouf en Megan Fox gemaak.

Kenners glo Nicola is die volgende groot aktrise. Sy is die dogter van ’n model, Claudia Heffner en haar pa, Nelson Peltz, is ’n baie suksesvolle besigheidsman. Sy het van jongs af begin met verhoogwerk, maar het nog net ’n paar TV- en film-rolle agter haar naam gehad voordat sy dié gesogte rol losgeslaan het.

Maar dit was nie net haar talent wat gisteraand die aandag getrek het nie, maar ook haar rok. Wat dink jy van haar Prada-skepping met uitsny-detail? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Nicola by die première van Transformers: Age Of Extinction  FOTO: Gallo Images / Getty Images

Nicola by die première van Transformers: Age Of Extinction
FOTO: Gallo Images / Getty Images