Op die rooi tapyt

Op die rooitapyt by ‘Hollywood in my huis’

’n Matriekafskeid, ware liefde en Charlize Theron se Oscar (én natuurlik daardie rok) is ʼn wenresep vir ’n treffer-fliek. Só skryf Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, oor die nuutste Afrikaanse fliek Hollywood in my huis

Fanie was gisteraand by die première van dié langverwagte fliek by Killarney Mall in Johannesburg.

Plaaslike bekendes het pragtig op die rooi tapyt (wat terloops swart was gisteraand) gelyk. Leandie du Randt, wat in die fliek speel, en haar verloofde (Bouwer Bosch) het in hul ou skoolklere opgedaag om by die matriekafskeid-tema te pas. Vilje Maritz, Louw Venter, Nicola Hanekom en Elana Afrika-Bredenkamp, is almal deel van die rolverdeling en het geskitter by die geleentheid.

Hollywood in my huis se jong akteurs Edwin van der Walt en Christia Visser speel vir die tweede keer teenoor mekaar ná die sukses van Ballade vir ʼn Enkeling.

Regisseur Corné van Rooyen het tien jaar lank aan dié projek gewerk. Hy is getroud met Rene van Rooyen wat gehelp het met die draaiboek en vervaardiging van Hollywood in my huis. Sy was ook die regisseur van Mooirivier en die nuwe seisoen van Getroud Met Rugby.

Hollywood In my huis begin Vrydag 26 Junie 2015 landwyd in teaters draai.

Hier is rooitapytfoto’s van die aand

Leandie du Randt, Ruan Wessels en sy metgesel

Die sterre van Hollywood in my huis Edwin van der Walt, Christia Visser en Leandie du Randt saam met regisseur Corne van Rooyen en sy vrou Rene

Je-Ani Swiegelaar en haar metgesel

Vilje Maritz wat ook in Hollywood in my huis te sien is

Nicola Hanekom en Louw Venter wat ook in die rolverdeling van Hollywood in my huis is

Corne van Rooyen, regisseur van Hollywood in my huis, spreek die skare toe

Beeldskone Elana Afrika-Bredenkamp speel ook in Hollywood in my huis

Louw Venter en Nicola Hanekom sit reg om die fliek te kyk

Die sanger André Schwartz en Sune Meyer

Deanre Reiners en sy metgesel

Leandie du Randt en haar verloofde Bouwer Bosch

Anel Alexander en een van haar vriendinne

Rolanda Marais en haar verloofde, Jozua Malherbe, daag op saam met Nadia Valvekens en Ivan Zimmerman

Die springmielies staan reg vir die gaste by die première van Hollywood in my huis

Edwin van der Walt op die rooi tapyt by die première van Hollywood in my huis

Lees ook