all3miamipremiere
Op die rooi tapyt

Op die rooi tapyt saam met The Karate Kid – FOTO’s

In die fliek word die 12-jarige Dre Parker (Jaden Smith) geforseer om saam met sy ma (Taraji P. Henson) China toe te trek agter haar loopbaan aan. Hy kon die coolste kind in Detroit gewees het, maar so saam met die trekkery moes hy in ‘n nuwe land, met groot kulturele verskille aanpas. Hy’s mal oor sy klasmaat Mei Ying, maar die kultuurverskille maak die vriendskap onmoontlik.

En om alles te kroon sorg die amper-vriendskap dat die boelie van die skool, ‘n kung fu-wonderkind Cheng, nou Dre se grootste vyand is.

Dre ontmoet dan vir Han (Jackie Chan), ‘n kung fu-meester. Dié leer hom dan natuurlik dat kung fu nie noodwendig oor skop en slaan gaan nie, maar oor volwassenheid en kalmte.

Op die rooi tapyt saam met The Karate Kid

Kyk net die rooi tapyt-foto’s van Jaden en Jackie saam met pa, Will Smith by die verskillende bekendstellings wat regoor Amerika gehou is.Type or paste here.