Platteland, die movie is uiteindelik hier!

Foto: Verskaf

Sean Else, regisseur van Platteland en sy verloofde Carla Halgryn.

Platteland , die 'breinkind' van Sean Else en Deon Opperman se premiere is gisteraand in Pretoria gehou. Dit gaan  oor 'n boervrou wat byna als verloor en van voor af op haar eie moet begin en die twee hoofrolle word deur Bok van Blerk en Lianie May vertolk. Steve Hofmeyr speel die rol van die booswig, Mike Ferreira. Daar is 'n hele paar "sangers wat hulle lyf akteur hou" soos Karlien van Jaarsveld, Jay en Vaughn Gardiner. Hier is die sterre op die rooi tapyt.

Verwante artikels

  • Nog net 3 slapies dan trou Sean Else met sy droomvrou!

    Nog net 3 slapies dan trou Sean Else met sy droomvrou!

    SARIE November 2011 | Kommentaar: 3

    “Ek kan steeds nie glo ek het Carla ontmoet en sy gaan vir altyd myne wees nie. Dis die vrou saam met wie ek oud wil word.” Sean Else vertel meer oor hul groot dag en die beplande wittebrood.

  • Sean Else trek Kaap toe

    Sean Else trek Kaap toe

    SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 1

    Die rolprentregisseur Sean Else is nou 'n Kapenaar. Op 1 Februarie het hy en sy vrou (met wie hy op 3 Desember 2011 getroud is), Carla, van die Noorde na Houtbaai getrek.

  • Steve en Bok se 'Bring als wat jy het'-video

    Steve en Bok se 'Bring als wat jy het'-video

    SARIE November 2011

    Hier is die eerste kykie van Steve en Bok van Blerk se musiekvideo Bring als wat jy het wat vir Platteland opgeneem is. Platteland begin 25 November 2011 in teaters draai.

Kommentaar

  • Dit is hoog tyd dat ons 'n bietjie wys wat ons het in die Platteland. Boer in murg en been. mooi so Steve en Bok julle is my manne. Boere vir altyd!. (Ek's ook 'n boer) Wat van iets uit die Anglo Boere oorlog. Dit is die beste bewaarde geheim wat die wêreld nog nie gesien het nie. Doen so voort!!!.

    10de Des. 2011, 22:38
  • Platteland - 'n vantastiese fliek - Sean, die spelers is uitstekend gekies. Maak asb. nog meer sulke rolprente - ai ek droom van 'n rol soos wat Liani gespeel het - ons trek nogal op mkaar - sy lyk ook soos 'n niggie van my!!! Steve en Jay, die varke id verhaal het dit heel goed gedoen...steve bly maar my man!!(amper ewe oud) maar almal kry 'n kompliment van my - Jul verdien al die geldjies waarvoor jul gewerk het. (Bok ek hou van jou ias die "romantiese" held.) Ek voel verdeeld - die manne was almal iets vir die oog!!

    2de Des. 2011, 10:29
  • Skies Judy, ek is verkeerd oor die feit dat hulle broers is... maar dit is beslis Derick Hougaard daai.

    29ste Nov. 2011, 12:45
  • @Judy, nou wie sal jy se is dit? Want volgens my is dit Francois Hougaard se broer, Derick Hougaard

    29ste Nov. 2011, 12:42
  • Ai Jay, kon jy nie maar iets ordentliker aangetrek het wat by jou vrou se mooi uitrusting pas nie?

    10de Nov. 2011, 11:43
  • Karlien se metgesel..... Derek Hougaard, rerig verslaggewers, doen bietjie julle huiswerk

    8ste Nov. 2011, 13:39
  • Adele - ek stem saam oor Hanna. Maar kyk hoe mooi en gelukkig lyk Sean en Carla!

    7de Nov. 2011, 19:57
  • Trudie het gese: Adele, as ek die voorskou van die fliek so kyk, gaan ons Hanna van voor af waardeer :))...lyk baie goed en parmantig!!

    7de Nov. 2011, 16:26
  • Hanna - jy het heeltemal te lank op die sonbed gele!!! Jy is altyd so mooi maar nou lyk dit of jy deel is van die Jerseylicious span op DSTV. Nee wat!!!

    7de Nov. 2011, 15:00

Web Development by FormFunction