charlene_oscars_getty
Op die rooi tapyt

Prinses Charlene stylvol by die Oscars

Prinses Grace oftewel die Hollywood-aktrise Grace Kelly is op haar dag met ‘n goue beeldjie vir haar hoofrol in The Country Girl bekroon (sy’t die toekenning in 1955 ontvang). En gisteraand (26 Februarie) het haar seun, Prins Albert (53) sy prinses, Charlene (34), op die rooi tapyt vergesel – super-stylvol en in die modekol.

Haar rok deur Switserse ontwerper Akris het een van die grootste modetrends by vanjaar se Oscars – skakerings van room en wit – ge-eggo. (Sien ook Gwyneth Paltrow se pragtige Tom Ford-skepping!)

Charlene se natuurlike grimering was die perfekte pasmaat vir dié sjiek voorkoms. Haar hare herinner ook aan die minimalistiese styl waarvoor haar skoonma so bekend was.

Ons dink sy ma sou trots gewees het . . .