FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S.

FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S.

Op die rooi tapyt

Rachel McAdams se gekreukelde Oscar-rok PLUS vinnige stryk-wenke

Het Rachel McAdams se Oscar-rok ook vir jou ‘n bietjie gekreukel gelyk?

Sy moes dalk ons mode-assistent, Magdel Muller, se wenke gevolg het!

Vir my is dit onnodige moeite om die strykplank op te slaan en ’n strykyster te gebruik. Hier is die wenke wat my deur die jare gehelp het om klere glad en sonder kreukels te hou.

 – Magdel

Wenk 1

As jy jou klere uit die wasmasjien haal, skud dit goed uit en hang dit mooi op sonder dat dit onnodig kreukel. Ek hang my klam hemde op ’n hanger sodat die kreukels kan uithang. En wanneer jy jou wasgoed van die draad haal, moenie dit in ’n mandjie opfrommel nie. Vou dit so netjies moontlik dat dit nie ekstra kreukels maak nie.

FOTO: Charles L. / Unsplash

FOTO: Charles L. / Unsplash

Wenk 2

Indien jy agterkom jou hemp (of enige ander item) is gekreukel, hang dit in die badkamer op. Die stoom van die stort sal die kreukels verwyder.

via GIPHY

Wenk 3

Die ketel is ook ’n uitstekende hulpmiddel om kreukels uit te kry. Kook jou ketel en maak die bo-kant oop. Sodra die ketel op kookpunt is, hou jou kledingstuk bo-oor die stoom. (Wees net versigtig dat jy nie jou hande brand nie!)

Wenk 4

’n Haaryster (straightener) is baie nuttig as jy jou kraag of iets kleins wil “stryk”. Moenie jou kraag probeer stryk terwyl jy die item aanhet nie!

Gebruik eerder stoom as dit ’n item van 100% katoen of – viskose is, want ’n haaryster kan strepe los op dié materiale.

* Moet nooit enige klere probeer stoom terwyl dit aan jou lyf is nie – jy kan jouself baie lelik brand.

Lees nou