Dra dit só

SAG-toekennings: Die inspirasie-rokke

Die SAG-toekennings is jaarliks ’n goeie aanduiding van wat by die Oscars gaan gebeur – nie net wie die toekennings gaan wen nie, maar ook wie die Groot Aand se mode-wenners gaan wees. Ons het ons 3 inspirasie-rokke by die SAG-toekennings gekies.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Claire Danes FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lupita Nyong’o FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kelly Osbourne FOTO: Gallo Images / Getty Images

Blaai deur ons galery vir nog rokke van die SAG-toekennings:

Claire Danes

Carmen, SARIE se mode-assistent sê: "Dié rok se lyne laat haar baie maer lyk. Die donker blinkerstof voor en die taankleurige materiaal teen haar sye gee vir haar 'n vroulike vorm. Die swart band beklemtoon ook haar middel. Blou en blinkers is boonop twee groot trends wat sy hier in een rok kombineer. Wat 'n opwindende keuse!"
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lupita Nyong'o

Carmen sê: "Dié nuwe ster maak net die regte stylkeuses! Haar rok is 'n perfekte balans tussen materiaal en blinkers. Die rok pas mooi om haar lenige lyf. Die uitsny-trend word soms te ver gevat, maar Lupita doen dit baie stylvol. Ek's bly sy het nie ekstra juwele en bykomstighede gedra nie, want dít sou baie besig gelyk het. Ons sien uit na die volgende rooitapyt-geleentheid om te sien wat Lupita gaan dra!"
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Lawrence en Lupita Nyong'o

FOTO: Instagram

Kelly Osbourne

Carmen sê: "Die snit pas haar uitstekend. Dit beklemtoon haar kurwes op die regte plekke. Die plooidetail in verskillende rigtings (sien die volgende foto) is verantwoordelik vir die illusie van 'n uurglas-figuur. Die breë moue laat haar arms ook gevorm lyk. En sy lyk baie sjiek met haar pers hare - nie baie mense kan daarmee wegkom nie!"

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kelly Osbourne

FOTO: Instagram

Sandra Bullock

FOTO: Twitter

Oprah en haar mooimaakspan

FOTO: Instagram

Sofía Vergara

FOTO: Instagram

Emma Thompson

FOTO: Twitter

Cate Blanchett

FOTO: Twitter

Jennifer Lawrence, Elisabeth Röhm en Amy Adams - almal van 'American Hustle'

FOTO: Instagram

Hannah Simone van 'New Girl'

FOTO: Twitter

Portia de Rossi

FOTO: Instagram

Die wenners

Die SAG-pryse, meer as enige ander toekenningseremonie, is ’n baie goeie aanduiding van wat op Oscar-aand (2 Maart) gaan gebeur. Sedert 2003 het elke SAG Beste Akteur ook die Oscar gewen en 5 uit die laaste 6 Beste Ondersteunende Akteur-wenners by die SAG’s het ook met die Oscar-beeldjie weggeloop. En sedert 1990 het net 3 Beste Aktrise-wenners van die SAG’s nié die Oscar gewen nie!

Buiten dié rekord, meen rolprentkenners dat ons dalk vanjaar ’n paar verrassings by die Oscars kan sien omdat die kompetisie so sterk is. Wat dink jy? Gaan die volgende SAG-wenners ook ’n Oscar huis toe neem?

Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.09 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.25 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.38 AM

Beste Akteur: Matthew McConaughey, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise: Cate Blanchett, Blue Jasmine

Beste Akteur in Ondersteunende Rol: Jared Leto, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise in Ondersteunende Rol: Lupita Nyong’o, 12 Years a Slave

Beste Rolverdeling: American Hustle

Sien die volledige lys wenners HIER.