Op die rooi tapyt

SAG-toekennings: Die wat-het-hulle-gedink-rokke

Daar was ‘n hele paar stylwenners op die rooi tapyt van die Screen Actors Guild Awards, maar daar was ook diegene wat ons laat wonder! Wat het jy gedink?

Blaai deur ons galery om te sien hoe die rokke gelyk het.

Kerry Washington

Carmen Botma, SARIE se mode-assistent, sê: "Hierdie is 'n interessante uitrusting vir iemand wat gewoonlik baie stylvolle keuses maak. Dit is vreemd dat sy nie haar swanger-magie wil bedek nie, maar dit probeer verbloem met die breë band van haar romp. Sy volg ook nie die reël dat as jou bostuk los sit, die onderkant stywer moet wees nie."

Kerry Washington

Mariah Carey

Carmen sê: "Mariah is bekend vir haar kort rokkies, daarom het dié keuse nie regtig verbaas nie. Hierdie keer was die nommertjie nie gepas vir dié glansryke geleentheid nie - dit lyk eerder asof sy vir die Grammy-toekennings opgedaag het. Sy het ook handskoene gedra, en dít saam met die sykouse komplementeer nie die uitrusting nie. Daar is baie verkeerd met dié uitrusting."

Meryl Streep (links)

Carmen sê: "Haar rok het te los gesit en nie haar kurwes gewys nie (kyk ook na die volgende foto). Omdat die rok baie donker was, het die detail wat wel op die rok is, soos die strik, heeltemal verlore geraak. Haar bykomstighede was ook baie bonkig nadat die rok reeds soos 'n aartappelsak aan haar gesit het."

Meryl Streep

Kyk na die rooitapyt-rokke van die Golden Globes hier.

Die wenners

Die SAG-toekennings, meer as enige ander toekenningsgeleentheid, is ’n baie goeie aanduiding wat op Oscar-aand (2 Maart) gaan gebeur. Sedert 2003 het elke SAG Beste Akteur ook die Oscar gewen en 5 uit die laaste 6 Beste Ondersteunende Akteur-wenners by die SAGs het ook met die Oscar-beeldjie weggeloop. En sedert 1990 het net 3 Beste Aktrise-wenners van die SAGs nie die Oscar gewen nie!

Buiten dié rekord, meen rolprentkenners dat ons dalk vanjaar ’n paar verrassings by die Oscars kan sien omdat die kompetisie so sterk is. Wat dink jy? Gaan dié SAG-wenners ook met die Oscar huis toe gaan?

Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.09 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.25 AM Screen Shot 2014-01-20 at 9.35.38 AM

Beste Akteur: Matthew McConaughey, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise: Cate Blanchett, Blue Jasmin 

Beste Akteur in Ondersteunende Rol: Jared Leto, Dallas Buyers Club | Beste Aktrise in Ondersteunende Rol: Lupita Nyong’o, 12 Years a Slave

Beste Rolverdeling: American Hustle

Sien die volledige lys wenners HIER.