5e086e2f77e64904a733356f158aba80
Op die rooi tapyt

SARIE by die openingsaand van Tree Aan

En natuurlik is who’s who  in die vermaakbedryf genooi vir die aand. Steve, Izak Davel, Sean Else, Brümilda van Rensburg, Zetske van Pletzen (wie se kêrel Altus Theart ‘n hoofrol het) en nog vele ander celebs was daar.

Ons het in die 2de ry van voor gesit, en dit was byna asof jy in die loopgraaf le. Stories moet vertel word, van watter hoek ookal, en Tree Aan doen presies dit.

Jy lag en huil ewe hard.

Ander bekendes wat in Tree Aan te sien is, is Willem Botha, Vaughan Gardiner, Johan Scholtz, Matt Stern en Nadia Beukes.

Kry hier ‘n voorsmakie van wat op die verhoog gebeur:

Tree aan
Tree aan Tree aan
Tree aan Tree aan
  • Isabelle van der Schyf

    Ek was ook daar en dit was ongelooflik mooi. Soos julle se lekker gelag en lekker gehuil. Ek raak kwaad as mense se dit was onnodig dat die seuns soontoe moes gaan. As daar vandag nog diensplig was het ons meer manne van seuns gehad in ons land. Ek was miskien nie een van hulle nie maar het dit ook maar deurgemaak as kind al was dit net die vrees. Ons moes ook inoefen hoe om berigte af te vat en hoe om magasyne teen spoed te laai en noodplan inoefen by die skool, koshuis, huis. My ouers was op n plaas en het ook diens verleen van die plaas af en moes ons ook maar leer hoe om die radios te beman. Ek weet dit is nie dieselfde nie maar soos Deon gese het elke generasie is verantwoordelik om te sorg dat sy huidige generasie bly voortbestaan en ek is sooo trots op daardie generasie.

  • Hannelie Combrinck

    Wonderlik en uitsonderlik! Net amazing. Ek was nie op die grens nie, ek was die meisie by die huis. Maar so wonderlik geseend dat ek nie net die laaste brief teruggekry het nie, maar die man. Al was ek nie daar nie, was ek net so deel daarvan, en wou ek bars van TROTS Woensdagaand. Dit gee ons weer perspektief oor waar ons vandaan kom, en waarheen ons oppad is, en maak alles die moeite werd. Dit gee jou moed, om veel meer commited te wees aan hierdie land van ons, want dit is steeds ONS land. Na Woensdagaand glo ek uit my hart dat elkeen van ons steeds ‘n verskil kan maak.

  • Bia Gregor

    Ek het Tree Aan ongelooflik baie geniet. Die akteurs en die musiek was topklas. Baie dankie Deon dat julle die Grens oorlog met ons deel. My man was omtrent in vervoering en weer alles herleef. Dis die eerste keer wat ek Willem Botha live sien optree en toneelspeel. Hy het my weggeblaas met sy stem en toneelspel. Dis defnitief een van ons land se blinkste nuwe sterre. Ek stel voor elke mens moet Tree Aan gaan kyk. Dis fantasties!

  • Andre Steyn

    Ek het Sondag middag se vertoning gaan kyk en het dit gate uit geniet. Baie dankie vir die pragtige storie vol emosies. Van lag tot huil. Ek dink net nie Vaughan Gardiner was baie goed as die held nie en dink daar kon Deon n beter keuse maak. Ek het ook n paar ander mense daaroor hoor kla. Verder het ek dit baie geniet. Dankie ook aan Janine vir die mooi musiek.

  • Mac

    Baie geluk aan Janine Neetling wat die musiek gedoen het!!