van_in_style
Op die rooi tapyt

SARIE by Sex and The City 2-premiere

Johannesburg se glansmense, media en spesiaal uitgenooide gaste het gisteraand saamgetrek Hyde Park toe vir die premiere van Sex and the City 2. Die Moët het gevloei en die Häagen-Dazs is op skinkborde aangedra. Een gelukkige gas het selfs ’n paar Jimmy Choo-skoene gewen!

Survivor SA naaswenner, Ashley Hayden, was daar in ’n kórt, noupassende swart rokkie met stewels wat tot bo haar knieë gekom het. Lee-Ann Liebenberg het trots haar swanger-boepie gewys in net so ’n klein swart rokkie en Idols-aanbieder Liezel van der Westhuizen het kleur na die partytjie toe gebring.

Die afwagting was groot om die opvolgfliek te kyk, veral omdat daar ’n digte sluier oor die storielyn getrek is. Volgens E! Online sou die akteurs en lede van die filmspan met miljoene rande beboet geword het as hulle enigiets oor die fliek laat uitlek het.

Om 20:10 is die sluier uiteindelik gelig. Toe Sex and the City 2 afskop met die liedjie “Empire state of mind” van Jay-Z en Alicia Keys – ’n ritmiese ode aan New York – kon jy geluide van opwinding hoor.

Sex and the City 2 was snaaks. Veral die waaghalsige Samantha se sê-goed en Liza Minnelli, wat vinnig gesig wys, se weergawe van Beyoncé se “Single ladies”. Ongelukkig het die opvolgfliek nie die sterk storielyne wat so eie aan die reeks en die eerste fliek is nie, soos Samantha se borskanker en Mr. Big wat op sy en Carrie se troudag koue voete kry. As dit lyk asof dinge kan moeilik raak, is daar vinnig ’n kitsoplossing vir die vroue se probleme.

Sommige gaste het gemeen Sex and the City 2 is ver beter as sy voorganger; ander was erg teleurgesteld. Maar dis die kyk werd, want dis ’n heerlike goed voel-fliek.

* Sex and the City 2 begin Vrydag by teaters draai.  

* Kyk die voorprent hier.

* Lees ook oor Sarah Jessica Parker se nuwe Sex and The City-parfuum.

  • http://lsreglaikdgo.com/ uefqoavrvyl

    VzFHDS kmwhlszgsnni, [url=http://swarekmqnurl.com/]swarekmqnurl[/url], [link=http://fxkulwbthtro.com/]fxkulwbthtro[/link], http://qougrhpxknsu.com/

  • http://qwcbloypuzdh.com/ ijgdoxbkvm

    w5VkXx danzufykywkm, [url=http://djrxuduecypo.com/]djrxuduecypo[/url], [link=http://ykcdyjkmjqig.com/]ykcdyjkmjqig[/link], http://gxbfczyklkua.com/