screen_shot_2013_07_19_at_3.56.09_pm
Op die rooi tapyt

SARIE op die rooi tapyt van Babalas-bekendstelling

Die komedie is geskryf deur Carl Stemmet, die seun van Noot vir Noot se Johan Stemmet. Dié musiekman het gesê hy is trots op sy kind en kon nie wag om “bietjie lekker te lag” by die première nie. Carl en Annemarie Jansen van Vuuren het Babalas saam geskryf.

LINKS: Johan en sy vrou, Colleen Stemmet | REGS: Carl, wat die draaiboek geskryf het, en sy vrou, Charlotte Stemmet

In Babalas verskyn die geliefde karakters uit die Castrol GTX-advertensie van so paar jaar gelede. Ian Roberts speel Boet en Norman Anstey die snaakse Swaer (foto links). Neels van Jaarsveld (foto regs, regs) van Binneland-faam speel sy Klipdrift-karakter.

Sonja Heroldt was ook op die rooi tapyt te sien met haar metgesel, Michael (foto links). Haar voormalige man, FC Hamman, en Peter Scott is die regisseurs van Babalas. Jack Parow (Neef) (foto regs, links) het grappies saam met RSG se Francois van Rensburg (regs op die foto) op die rooi tapyt gemaak. “Mense gaan lag. Hulle gaan baie baie lag,” het hy gesê.

Tammy-Anne Fortuin het ook ‘n rol in die fliek, maar is tans nog in Amerika waar sy besig is met ‘n fliekkursus aan die New York Film Academy.

Die verhoogveteraan Hannes Muller speel vier karakters in Babalas en vertel hoewel dit veeleisend was, het hy tonne pret gehad. Kyk hier wat Hannes oor sy vier rolle in Babalas te sê het:

Ian Roberts meen fliekgangers gaan nie net vermaak word nie, maar kan ook ‘n slim storielyn van Babalas verwag. Ian is besiger as ooit. Buiten vir die Radio Kalahari Orkes, verskyn hy ook in vier ander Suid-Afrikaanse films. Kyk hier wat sê Ian oor sy opkomende flieks:

Liza Brönner, wat in die musiekblyspel Liefling te sien was, was ook op die rooi tapyt. Liza se man, die sanger Ricus Nel, kon nie dié geleentheid bywoon nie, want hy is op toer. Oor die musiekblyspel en haar medester, Bobby van Jaarsveld, sê sy dit was groot pret. “Hy is so gemaklik op die verhoog. Hy is nogal bietjie skaam ook, maar ons het vet pret agter die skerms gehad!”

Sy het ook verklap dat die musiekblyspel weer vroeg volgende jaar op die planke gaan wees in Johannesburg, Bloemfontein én Kaapstad.

*Babalas begin 2 Augustus op die grootskerm draai.