Skitter-bylaag glansryk bekend gestel in Pretoria

Deur Phyllis Green, SARIE Oktober 2011

Foto: verskaf

Skitter, gratis saam met jou Desember-SARIE

Skitter, SARIE se jaarlikse prag-juweel-en-weeldegids, is onlangs tydens 'n glansryke skemerkelkie-geleentheid by Rovos Rail in Pretoria bekend gestel. Die gaste is deur Skitter se redakteur, Kerese Thom, verwelkom terwyl almal die heerlike canapés saam met Desiderius Pongracz MCC, Graham Beck-wyne en verskillende whiskies van Jameson Select Reserve geniet het. Lindt het vir die heerlike sjokolade gesorg.

Kommentaar

  • Graag wil ek asb uitvind van n ring-bylae wat in die skitter tydskrif was, Hul het die Pippa ring, Kate ring en Anne ring geadverteer. Ek wil graag die Pippa ring koop maar kannie ontjou by watse juweliersware plek dit was nie. As jul asb so gou moontlik vir my kan terug laat weet. Groete Rochelle

    28ste Des. 2011, 16:49
  • Ek het met honger na die pragtige juwele gestaar. Kon net nie genoeg kyk daarna en droom van stukke wat aan my lyf glinster nie. Elkeen is 'n kunswerk uit eie reg. Net jammer dat dit vir die meeste van ons nie beskore is nie. Maar ek het 'n stukkie of twee in die oog. Sal my lysie maak vir Kersvader. Dalk, net dalk is daar 'n ietsie in my kerskous.

    4de Des. 2011, 14:59

Web Development by FormFunction