FOTO: Instagram Star Wars

FOTO: Instagram Star Wars

Op die rooi tapyt

Star Wars-première sorg vir groot opwinding

Die wêreldpremière van Star Wars: The Force Awakens het gisteraand in Hollywood plaasgevind. Dié langverwagte film in die gewilde reeks het talle A-lys-sterre opgelewer.

Volgens People was dít een van die grootste premières in ’n baie lang tyd. Die film is net vir die BBP-gaste gewys in 3 verskillende teaters in Los Angeles – insluitend die TCL Chinese-teater waar die oorspronklike Star Wars vir die eerste keer in 1977 gewys het.

Selfs die Stormtroopers het die rooi tapyt benut!

Harrison Ford (Han Solo) en sy vrou, Calista Flockhart

Carrie Fischer speel weer die rol van Leia

Die aktrise Daisy Ridley speel die rol van Rey – mense vermoed dat sy die dogter van Han en Leia is

Lupita Nyong’o speel die rol van Maz Kanata

Akteur Adam Driver (Kylo Ren) en Joanne Tucker

Aktrise Gwendoline Christie (sy speel die rol van Captain Phasma)

Die pasgetroude paartjie Sofia Vergara en Joe Manganiello

Sofia het ‘n Leia-geïnspireerde haarstyl gekies

Die akteur Joseph Gordon-Levitt speel dalk nie in die fliek nie, maar het besluit om in ‘n yoda-kostuum op te daag

Star Wars: The Force Awakens begin môre in SA teaters draai.

Bron: People