Op die rooi tapyt

FOTO: Gwyneth Paltrow en Kate Hudson op blou tapyt

Die bekende juweliershuis Tiffany & Co se Blou Bal wat hulle in New York hou, is gewoonlik ‘n uithaalgeleentheid soos min. En hierdie jaar het die sterre nié teleurgestel nie. Al die sterre se rokke moet tradisioneel in ‘n skakering van blou wees om by die tema van dié bal in te pas.

Gwenyth Paltrow het in ‘n dofblou satynrok van Ralph Lauren opgedaag wat haar slanke figuur afgewys het. Haar eie streng dieet is niks nuut nie, maar sy was onlangs in die nuus toe sy gesê het haar kinders, Apple (8) en Moses (7) eet ook baie gesond. Sy het egter later gesê sy laat haar kroos toe om nou en dan  sjokolade koekies te eet.

Maar Gwenyth het kompetisie gehad. Haar vriendin Kate Hudson het ‘n moulose rok van Reem Acra gedra. Dié 33-jarige aktrise het Tiffany oorbelle aangehad.

Ander sterre wat die bal bygewoon het was Jessica Biel, Michelle Williams en Sarah Jessica Parker. Kliek hier om nóg foto’s te sien.

[box:full:grey:both]

Ons eie ster-diamant

Ons wonder wat sê dié groot juwerliershuis oor die seldsame blou diamant wat onlangs in Suid-Afrika gekry is?

Dié steen is by die Cullinan-myn net buite Pretoria gevind, wat bekend is vir sy blou diamante.

Kenners beweer die diamant kan tot $10 miljoen (R 91.5 miljoen) werd wees. ‘n Soortgelyke diamant van 26.6 karaat is in 2009 in dieselfde myn gevind wat ‘n wêreldrekord opgestel het vir die grootste waarde per karaat toe dit vir $10.8 miljoen (R 98.8 miljoen) opgeveil is.

Die Cullinan-myn het ook in 1905 die Ster van Afrika opgelewer – ‘n 530 karaat steen wat die tweede grootste diamond nóg ooit is en nou deel van die Britse kroonjuwele uitmaak.

[/box]