Wit is die nuwe swart
Vir die lente/somer van 2010 is wit die nuwe swart!
Ons almal ken die afkorting LBD (little black dress). Wel, maak nou plek in jou kas en woordeskat vir LWD (little white dress), want dis hoe hierdie mode gedoop is.
As ek die woorde wit rok hoor, dink ek aan die wêreldbekende foto van Marilyn Monroe met haar wapperende wit rok en besef onmiddellik dat 'n wit rok klassiek is. Tydloos, nes daardie klassieke foto van Marilyn in die 50's. Toe langspeelplate en Elvis Presley nog groot was.
Dit maak sin dat die wit rokkie 'n draai kom maak vir lente en somer 2010. Maar ek het 'n gevoel "sy" is hier om te bly, want wat lyk nou mooier as 'n spierwit rok teen 'n bruingebrande vel, een wat gloei van see en son.
Less is more, en dit is nou maar so! Veral hierdie somer. Hou dit eenvoudig, in wit katoen wat wapper in die sagte wind, blink of rou sy. Kies 'n wit rok wat by jou figuursoort pas.
Te veel bykomstighede sal die wit rok en sy suiwer voorkoms, wat dit juis so mooi maak, bederf. Vir glans, kies bykomstighede soos 'n goue of silwer armband of selfs oorkrabbers.
Verwante artikels
-
Dave Pepler blog: Die blondine in die kryt-wit Austin Healey
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nee, hulle vra om ’n vrou wat ’n soliede sin van self het, en wat haar nie steur aan wat die mode voorskryf nie.
-
Sensueel soos ’n kraakwit hemp
SARIE - November 2008
Marilyn Monroe kon ’n vertrek tot stilstand bring – maar sensualiteit is meer as kurwes en rooi lippe. Dit skuil in selfvertroue en wysheid; in ’n goeie rooiwyn en ’n varswit hemp. Ook in ’n geur ...
-
Wit & kraakvars
SARIE - Maart 2009
'n Goeie wit hemp in jou kas bly 'n treffer. Kies een vir elke bui, styl en seisoen
-
Wit naels
SARIE - Oktober 2009
Chanel se wêreldwye kreatiewe direkteur, Peter Philips, boots die kleure van Venesië na in sy jongste grimeerreeks.





















Kommentaar