FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op die rooi tapyt

Miley, Christina en ander: Wit is die gróót modekleur vir dié seisoen

Mode-voorspellers het ons gewaarsku wit gaan gróót wees hierdie seisoen. En dít het die sterre by die Amerikaanse Musiektoekennings ons bewys.

Miley en haar sussie Brandi, Christina Aguilera, Bonnie McKee, en Kylie en Kendall Jenner (Kim Kardashian se halfsusters) was maar net van die groot name wat wit uitrustings vir dié toekenningsgeleentheid gekies het.

FOTO: Miley Cyrus (Gallo Images / Getty Images)

FOTO: Miley Cyrus (Gallo Images / Getty Images)

Baie mense is nog bang om ’n wit rok vir aandfunksies te dra, omdat die geassosieer word met informele somerrokkies en trourokke. Maar wanneer jy die regte styl kry, soos Christina se rok, pas dit net so goed by enige geleentheid.

FOTO: Christina Aguilera (Gallo Images / Getty Images)

FOTO: Christina Aguilera (Gallo Images / Getty Images)

Wat sê Fanie oor dié rokke?

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, oor Miley se snyerspak:
“Miley lyk great en gesofistikeerd vir n slag. Ek dink sy lyk stylvol en sexy!”

Oor Christina Aguilera se rok:
“Ai, Christina. Die rok is nie te sleg nie, maar dis baie jammer oor die vel aan die kante van haar sye. Iemand jonger, met ‘n donker gelaat kan dalk eerder regkom met dié look.”

FOTO: Bonnie Mckee (Instagram)

FOTO: Bonnie Mckee (Instagram)

 

 

 

Lees hier hoe om wit-op-wit modes te dra!

 

 

 

Hoekom wit?

  • Dit pas by elke velkleur – dit laat ligte velle sagter lyk en bruin velle lyk meer eksoties en warm.
  • Dis ’n klassieke en elegante kleur wat altyd in die mode sal wees.
  • Jy sal altyd vars lyk én voel in wit.
  • Dit is ’n veelsydige kleur wat met die regte bykomstigehede verander kan word van ’n dag- na ’n aanduitrusting.

Wenke hoe om wit reg te dra

  • Moenie dat jou wit klere te styf sit nie. Omdat dit ’n ligte kleur is, skyn groter dele maklik deur en word beklemtoon.
  • Dra vleeskleurige en ondersteunende onderklere.
  • Baie wit items begin reeds ná die eerste was dun word en deurskyn. Kies eerder ’n duursame materiaal wat langer netjies bly, soos katoen.

Nóg sterre in wit

Dié sterre het hul wit uitrustings op sosiale media gedeel deur selfies te neem.

Klik hier om meer uit te vind oor die woord van 2013 – ‘selfie’

FOTO: Kylie Jenner (Instagram)

FOTO: Kylie Jenner (Instagram)

Die 49-jarige Sandra Bullock lyk smeulend op die voorblad van Entertainment Weekly in haar wit rok.

FOTO: Sandra Bullock (Entertainment Weekly)

FOTO: Sandra Bullock (Entertainment Weekly)