Oprah
Bekendes

Oprah Winfrey praat oor haar senu-ineenstorting

Oprah, wat gewoonlik ander inspireer om ‘n beter lewe te lei, het onlangs self deur ‘n rowwe tyd gegaan.

Dié 59-jarige kletskoningin het die gevaarligte sien flikker toe sy met Jason Russell, die regisseur van die kontroversiële Kony 2012-veldtog, gesels het. Jason het kort voor dié gesprek ‘n senuwee-ineenstorting gehad. “Ek het geluister toe Jason vertel wat sy simptome was en dit het vir my té bekend geklink,” het Oprah in ‘n onderhoud met die Access Hollywood-televisieprogram gesê.

Sy het gesê dat sy ‘n ‘vreemde gevoelloosheid’ begin ervaar het toe sy aan die fliek The Butler geskiet het. Sy het terselfdertyd haar televisiekanaal probeer red wat in geldelike moeilikheid was. “Alles het begin om teen die spoed van witlig te gebeur en ‘n onbekende gevoel het my oorval. My gedagtes was oral tegelyk. En toe besef ek: As ek nie nou gaan kalmeer nie, gaan daar groot moeilikheid wees.”

Louis & Lise se Wie is ek: Ly ek aan angs?

Jason se toestand het só versleg dat hy poedelnakend in die strate van San Diego rondgehardloop het, en daarvoor in hegtenis geneem is. Oprah het gelukkig die tekens voor die tyd gesien en begin afskaal. “Ek was nog nie op die punt om kaal in die straat af te hardloop nie, maar al die stimulasie was te veel vir my. Partykeer moet jy net ‘nee’ sê en jouself eerste plaas.”

Hou op worrie

HIERONDER is die lokprent vir The Butler: