Meadow saam met haar oorlede pa, Paul Walker
FOTO: Facebook

Meadow saam met haar oorlede pa, Paul Walker FOTO: Facebook

Bekendes

Só gaan dit met Paul Walker se dogter, Meadow, ná sy dood

Sewe maande ná die tragiese dood van haar pa, Paul Walker, het Meadow na haar aanhangers op Instagram uitgereik. Die dogter van die Fast & Furious-ster het ’n foto op dié sosiale netwerk gedeel om te wys dat dit nou baie beter met haar gaan, berig HELLO!

“Goed om terug te wees,” het die 15-jarige geskryf by ’n foto van haarself in ’n bikini. Die donkerkop-tiener het sedert die dood van haar pa ’n lae profiel op sosiale media gehandhaaf.

Meadow, wat vir die kamera glimlag, het ondersteuning en goeie wense van verskeie aanhangers ontvang. Sommiges het ook gesê dat sy baie soos haar oorlede pa lyk.

Die verfilming van die film Fast & Furious 7 is vertraag ná die ster se skielike dood, maar danksy die hulp van Paul se broers, Cody en Caleb, kon die fliek voltooi word.

Paul het verlede jaar in November verongeluk.

Sy laaste fliek, die aksiebelaaide Fast & Furious 7, begin volgende jaar in teaters draai.

Bron: HELLO!