FOTO: Twitter/@MariahCarey

FOTO: Twitter/@MariahCarey

Bekendes

Popdiva Mariah Carey is verloof

Die 46-jarige Mariah Carey en die Australiese biljoenêr-sakeman James Packer is verloof. En hy het haar glo met ’n 35-karaat-diamantring bederf, berig E! News.

Die paartjie, wat in 2014 ontmoet het, se romanse het verlede jaar begin. James dra Mariah glo op sy hande en neem haar gereeld op romantiese afsprake na Italië, Australië en selfs Israel.

James het die groot vraag in die Grammy-wenner se geboortestad, New York, gevra, omdat hy geweet het hoeveel dié stad vir haar beteken.

Dit sal albei se derde huwelik wees. Mariah was voorheen getroud met Tommy Mottola, ’n bestuurder van ’n platemaatskappy, en Nick Cannon, ’n akteur. Sy en Nick het ’n tweeling, Monroe en Moroccan.

Mariah, Nick en hul tweeling in 2014 FOTO: Instagram  @mariahcarey

Mariah, Nick en hul tweeling in 2014
FOTO: Instagram @mariahcarey

Mariah kom Suid-Afrika toe

Diegene wat haar verloofring graag van nader wil beskou, kan haar vanjaar in lewende lywe sien. Sy tree op in Kaapstad, Durban en Johannesburg.

26 April – Kaapstad-stadion, Kaapstad

29 April – Moses Mabhida-stadion, Durban

1 – 2 Mei – Ticketpro Dome, Johannesburg

Lees ook