FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bekendes

Prins Harry flankeer in Afrika

Harry is reeds in Afrika en besig om vir Halo Trust in Luanda te werk. Dié landmyn-liefdadigheidsorganisasie is destyds deur sy oorlede ma, prinses Diana, op die been gebring. Die plan is dat Cressida volgende week Botswana toe vlieg en vir Harry daar ontmoet. ‘n Vriend het verklap dat Harry en Cressida dinge week-vir-week vat, omdat sy uit die kollig wil bly. “Hulle is onafskeidbaar, maar Harry wil haar nie onnodig onder druk plaas nie.” Dié tweetjies gaan al sedert verlede jaar uit en probeer hulle verhouding so stil moontlik hou, sodat die verhouding ‘natuurlik’ kan ontwikkel. Wanneer hulle wel saam kuier, is hulle glo smoorverlief. Harry hoop dat dié Afrika-uitstappie hulle sal kans gee om `n bietjie asem te haal buite die kollig. Hierdie vakansie sê vir ons Harry is ernstig oor dié meisie! William het ook vir Kate destyds Afrika toe gevat om verloof te raak … Maar dit klink nie of dié tweetjies stoksielalleen gaan safari hou nie, en daar is sprake dat prinses Eugenie en haar kêrel, Jack Brooksbank, ook by hulle sal aansluit.

Prins Harry se liefde, Cressida Bonas

Prins Harry se liefde, Cressida Bonas

Prins Harry oor Afganistan, die kaal foto’s, en die baba…

William en Harry se liefde vir Afrika

Dié broers het nog altyd ‘n spesiale band met Afrika gedeel. Diana het tydens haar leeftyd baie gedoen om aandag te fokus op die unieke probleme wat Afrika in die gesig staar. Diana het die wêreld bewus gemaak van die vigs-krisis en hongersnood wat Afrika kniehalter, maar waarvoor sy seker die bekendste is, is die werk wat sy in Angola gedoen het. Foto’s van haar met ’n beskermende masker en klere, en foto’s waar sy met landmynslagoffers gesels, het ikonies geword. Harry volg nou in haar voetspore deur die beskermheer te word van die Halo Trust, dieselfde organisasie wat sy ma ondersteun het. In 2001 het ‘n 18-jarige William 3 maande in Afrika deurgebring as deel van sy gap jaar voordat hy gaan studeer het. Hier het hy betrokke geword by die konservasie van Afrika se wilde diere en die natuurskoon. foto Afrika Sedertdien het William Afrika `n paar keer besoek, en sy 21ste verjaarsdagpartytjie se tema was selfs ‘Out of Africa’. William het ook vir Kate gevra om te trou in Kenië, naby aan die plek waar ‘n jong prinses Elizabeth (William se ouma) geleer het dat haar pa, koning George VI, dood is en sy koningin sou word. William en Kate het ook hul wittebrood in die Seychelles gehou. Harry besoek ook gereeld Lesotho vir sy liefdadigheidsorganisasie Sentebale. Hy het dít in 2006 saam met Prins Seeiso van Lesotho gestig. Die doel is om weerlose kinders in Lesotho te help. Harry is so geliefd in Lesotho dat daar na hom as ‘Mohale’ verwys word wat dapper man of vegter beteken. Kyk hier hoe Harry vetkoek in Lesotho bak