Refentse
Bekendes

Refentse se ‘kinderkos’

Hy het pas sy eerste album, My hart bly in ’n taal, vrygestel. En het klaar goue status bereik!  Refentse Morake, ’n Sotho, praat die mooiste Afrikaans denkbaar en noem dit “die taal van my hart’’. As onbekende sypaadjie-sanger tot Facebook-sensasie!

Hy werk nou  aan sy nuwe album en ons sien uit na meer liedjies uit sy pen.

“Ek maak dié gereg altyd wanneer ek alleen by die huis is saam met my jonger broers en suster en ek gou vir hulle moet kos maak. Hulle is mal daaroor en ek ook.  Dis maklik en vinnig en ek hoef my nie te bekommer oor baie skottelgoed nie.’’

Bestanddele

• ’n pakkie 2 minuut-noedels

• 250 ml volroommelk

• 2 x pienk Weense worsies

• blokkie cheddar-kaas

Metode

Gooi die noedels in ’n pot met 250 ml volroommelk en kook tot gaar. Sny die worsies by en rasper die kaas bo-oor.

Sit voor en eet terwyl nog warm.

Luister hoe Refentse die bekende ‘Sonvanger':

Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 wen!

Doily 1667 × 833

Lees nou

Haar eie tienerevarings is deel van haar storie

Paula se laaste aand op die kassie

Cheslin blits na die Spele saam met nefie