FOTO Instagram / @ryanlochte

FOTO Instagram / @ryanlochte

Bekendes

Ryan Lochte gaan dansskoene aantrek

Die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte het homself onlangs belaglik gemaak toe hy beweer dat hy en van sy spanlede in Rio beroof is, terwyl die Brasiliaanse polisie ’n heel ander storie oor die voorval vertel het, berig CNN. Hy het daarna erken hy het die pap dik aangemaak. Nou het Ryan besluit om die skade te herstel deur aan Dancing with the Stars deel te neem.

Ná die skandaal het vier van Ryan se grootste borge hom soos ’n warm patat gelos. Hy het Dinsdag aan ABC se Good Morning America vertel dat hy ’n groot fout gemaak het.

“Ek is mens. Ek het ’n fout gemaak. ’n Baie groot fout.”

Verlede naweek het die aanbieder en akteur Jimmy Fallon by die MTV-musiektoekennings die draak gesteek met Ryan. Nie net het hy soos Ryan aangetrek nie, hy het selfs ’n groen pruik gedra. Dié swemmer se bottelblonde hare het in Rio se Olimpiese swembad groen verkleur. Jimmy, as Ryan, het die prys vir die video van die jaar oorhanding.

Ryan het nie op Jimmy se gekskeerdery gereageer nie, maar eerder getwiet oor sy planne vir Dancing with the Stars.

Lees nou

Dié bekendes word die meeste gevolg

Is dít die beste advertensie van 2016?

Ons onthou: Prinses Diana