FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Bekendes

Groter as 8 – kom ons vier!

Jennifer Aniston se ope brief onlangs op Huffington Post het weer die klem op body shaming geplaas. Elkeen se liggaam is uniek en moet gevier word – en dié modelle is ’n bewys daarvan … 

Mej. SA-finalis nou plusgroot model

Marciel Hopkins, vanjaar een van die 12 finaliste vir die Mej. SA-kroon, oor wie ons vroeër vanjaar berig het (SARIE se Februarie 2016-uitgawe) het tóé 14 kg verloor omdat sy aan dié wedstryd wou deelneem.

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Maar sy het vrede oor haar Mej. SA-reis … (Sy het nie onder die top-vyf geëindig nie.)

“Ek glo elkeen se pad is lank gelede reeds vir hulle beplan en my lewe hou ander opwindende avonture en uitdagings in.” Sy wou sedert kleintyd model word, maar het gedink omdat sy effe groter was, sou dit nooit werklikheid word nie.

Maar drome word waar, en vandag is sy in Hamburg, Duitsland, om as plusgroot model (oftewel curvy model) vir OKAY Models te werk!

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Marciel is klein-klein geleer om in haar drome te bly glo.

“Selfvertroue het te doen met selfaanvaarding, om eienaarskap te neem van jou identiteit en om jouself nooit met ander te vergelyk nie. My ouers het my daardie vryheid gegee.’’

- Marciel Hopkins

Vir die voorbereiding van Mej. SA was Marciel ’n nommer 12, maar nou is sy weer ’n nommer 14, haar natuurlike jeans-grootte!

“Ek het op ’n gewone manier gewig opgetel. Ek was sowat 7 maande (4 maande voor die wedstryd afgeskop het tot met die kroningsaand) op ’n baie streng regime om my maerder lyf te behou, maar volg nou ’n volhoubare eet- en oefenprogram.”

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Marciel is nie meer so hard op haarself om in ’n sekere nommer te pas nie.

“Ek fokus eerder op my gesondheid en op dinge wat my goed en gemaklik laat voel. ’n Nr.12-broekgrootte is nie noodwendig die gesondste opsie vir my liggaam nie, hoewel mense gedink het ek lyk wonderlik. Elke mens se lyf is uniek en maerwees beteken nie noodwendig ‘gesond’ nie.’’

- Marciel Hopkins

Sy oefen steeds elke weekdag ’n uur op ’n slag – enigiets van spin, boks of shape (liggaam-definiëringsklasse). Naweke klim sy berg of draf en stap in die natuur.

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Haar eerste uitdaging in Duitsland is om haar kliënte en agentskap te besoek sodat hulle weet sy is in die stad. Marciel gaan ook vir haar agentskap, Milk Model Management, in Londen werk. Sy beplan om sowat sewe weke uit en tuis te wees.

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

“Ek glo ek sal ná die eerste weke my voete vind en al die oppe en affe geniet. Niks in die lewe wat die moeite werd is, is altyd nét lekker nie. As dit maklik was, het almal dit mos gedoen.’’

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Ashely Graham: ‘Sexy dye’

Dié 29-jarige Amerikaanse model het geskiedenis gemaak toe sy onlangs die eerste plusgroot model geword het wat op die voorblad van die swemklere-uitgawe van die Amerikaanse Sports Illustrated verskyn het.

As model met ’n 16-rokgrootte is Ashley ’n rolmodel en liggaamsaktivis wat gereeld by hoërskole in Amerika praat oor selfbeeld, selfaanvaarding en vroulike bemagtiging. Met sowat 1,9 miljoen volgelinge op Instagram en meer as 1,2 miljoen op Facebook is haar loopbaan goed op dreef. Geen wonder Forbes het haar gelys as een van 30 jongmense onder 30 (Kuns en Styl) om dop te hou nie.

Nou het sy die wêreld wéér aan die gons. Waar ons baie celebs gewoonlik net sien ná die Photoshop-kwas hulle beetgehad het, deel Ashley haar lyf op sosiale media – met baie trots en sonder enige Photoshop.

En dís ook haar gunsteling-sêding:

FOTO Instagram @theashleygraham

FOTO Instagram @theashleygraham

Ashley straal selfvertroue uit en sy is ’n groot voorstander daarvan dat jy jouself liefhet nes jy is.

KYK: Ashley se TED-praatjie

Kyk in die SARIE-winkel by Spree na die nuwe klerereeks vir die groter figuur, Evans.