Klein Schalk se eerste dag by die skool. FOTO verskaf deur Myra Burger

Klein Schalk se eerste dag by die skool. FOTO verskaf deur Myra Burger

Bekendes

Schalk Burger se seuntjie vir die eerste keer skool toe

Schalk Burger se gesin is nie bang vir uitdagings nie, nog minder vir ’n nuwe avontuur. En drie weke gelede het hulle by hom aangesluit in Engeland. 

Schalk het ’n kontrak van twee jaar met die rugbyklub Saracens gesluit. Maar om oorsee te bly is niks nuuts vir Schalk en sy vrou, Michele, nie. In 2014 het die gesin na Tokio, Japan, verhuis waar Schalk vir twee jaar vir die Japanse klub Suntory Sungoliath rugby gespeel het.

Dié keer is die aanpassing gelukkig makliker, het Myra Burger, Schalk se ma, gesê, want hulle kan die taal lees, skryf en verstaan.

Dis ook ’n hoofstuk vol eerstes. Klein Schalk (4) is vir die eerste keer skool toe!

In Engeland begin kinders met skool die jaar waarin hulle vier word. Die nuwe skooljaar het reeds in Augustus begin, ná die Noordlike Halfrond se lang somervakansie.

Klein Schalk is ook die jongste in die klas. En hy moes ook ’n paar weke ná die ander kinders begin, omdat hulle in Suid-Afrika aangebly het tot Schalk se broer Tiaan getrou het.

Schalk en sy seuns in hul nuwe tuiste

Schalk Burger en sy twee seuntjies. Foto verskaf deur Myra Burger

Schalk Burger en sy twee seuntjies. Foto verskaf deur Myra Burger

Myra sê klein Schalk pas goed aan, hoewel die dag nog baie lank is vir hom. Die skool begin 07:30 en eindig 15:30.

“Wanneer Michele hom in die middag optel, raak hy aan die slaap soos die wiele begin draai. Hy was tot op hede nog gewoond aan ’n middagslapie.”

Maar die gesin gaan dié Kersfees in Engeland bly met rugbyverpligtinge – Schalk speel op Oukersaand, 24 Desember, ’n wedstryd.

Tog mis hulle die sonskyn en braaivleisvure van Suid-Afrika.

Lees nou

VIDEO: Lady Gaga se Carpool Karaoke!

Dié prins hou van pienk

Wat sê jou lipstiffie se vorm oor jou?