FOTO Twitter/ @realtomjones

FOTO Twitter/ @realtomjones

Bekendes

Seksbom Tom se geheim is uit!

Die seksbom en sanger Tom Jones, oftewel sir Thomas John Woodward, se geheim is uit: Dit lyk of hy en Priscilla Presley ’n paartjie is!

Priscilla het onlangs op sosiale media ’n foto van hulle twee gedeel:

Enjoyed catching up with a lifelong friend this week.

A post shared by Priscilla Presley (@priscillapresley) on

Dit is 10 maande sedert Tom se vrou, Linda, se dood. Priscilla het hom gedurende hierdie moeilike tyd bygestaan, berig Daily Mail.

Die “paartjie” het eintlik baie gemeen. Nes Priscilla was Tom gaande oor die koning van rock, Elvis Presley. Hy en Elvis was ook baie goeie vriende. Tom en Priscilla se Los Angeles-huise is om die draai van mekaar en hulle deel ook ’n lang geskiedenis van plastiese chirurgie.

’n Ander groot liefde wat hulle deel, is perde. Priscilla is baie bedrywig met diere-organisasies, veral perdesorg. En Tom besit sedert die 70’s resiesperde.

Tom, Priscilla en Elvis 

Vriende na aan die paartjie beweer dat hulle dit stadig wil vat, hoewel daar beslis ’n sterk aantrekkingskrag tussen hulle is.

Dit was veral vir Priscilla moeilik om ná Elvis ’n man te kry wat sy skoene vol kan staan. Dit lyk of Tom die regte een is.

Tom se woordvoerder het egter aan People gesê die twee is net vriende.

Kyk die musiekvideo van Tom se ou treffer “Delilah”:

Lees nou

SA Michelin-sjef behou sy ster

Dis die oopskouer-trend!

Andriëtte Norman verwelkom eersteling