FOTO Twitter / @thesom7

FOTO Twitter / @thesom7

Bekendes

Sound of Music se Liesl oorlede

Wie kan hierdie toneel vergeet? Twee jong verliefdes, een is 16 en die ander 17. En terwyl hulle in die tuinhuisie dans, sing sy: “I am 16 going on 17.” Maar die die aktrise wat Liesl von Trapp in Sound of Music (1965) gespeel het, is die naweek oorlede. 

Charmian Carr was net 73 jaar oud en het weens komplikasies van demensie gesterf. Kym Karath, wat die jongste Von Trapp-lid, Gretl, gespeel het, het die tragiese nuus op Twitter gedeel.

 

In Suid-Afrika het ’n paar bekendes al die rol van Liesl vertolk, onder andere Karen Meiring, hoof van kykNET, en die Hotel-ster Simoné Nortmann.

“Ek het in my eerste jaar op universiteit (1980) die karakter van Liesl vertolk. Dit was regtig opwindend,” vertel Karen aan SARIE.com.

The Sound of Music bly ná al die jare steeds relevant oor die musiek en oor die universele storie.”

En Simoné sê dit was vir haar ’n reuse-voorreg en groot verantwoordelikheid om in 2011 die rol van Liesl te speel.

“Ek het met die fliek grootgeword en dit was een van my gunsteling-rolprente. Charmian het so ’n ongelooflike en remarkable performance gegee dat jy as aktrise nie minder wil gee nie. Ek het dit vreeslik geniet,” vertel Simoné aan SARIE.com.

Simoné sê sy sal dit vir altyd koester.

“Maar niemand kon dit so goed soos sy vertolk nie!”

FOTO Johann Enslin / Facebook

Simoné as Liesl von Trapp in 2011 FOTO Johann Enslin / Facebook

Lees nou

Wie het met die Emmys weggestap?

Maak tuin uit die kombuis

Video: Bella Hadid val op loopplank