amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Amalia en Egoli se Jo!

Voor Amalia en haar kêrel Kaap toe getrek het, het sy die kans gehad om te gaan kuier in die straat waar sy grootgeword het. En dit nogal op stel! As jy in dié soort ding glo, dink ons dis beslis ’n goeie teken.

Amalia skryf elke week oor haar dae op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek, Sy Klink Soos Lente. Het jy al ooit gewonder oor die lewe van ’n aktrise? Wel, as ons vandag se dagboekinskrywing lees, klink dit jy moet fiks wees, altyd reg wees om te huil, en ook kan aanvaar dat Jo van Egoli jou pa speel!

Cherry Lane

Die lewe het ’n vreemde manier om in hoofstukke of siklusse te werk en hoeveel keer sien jy nie dat iets full circle gaan nie?

Ons bevind ons in Randburg, Cherry Lane, vir vandag se tonele tussen Linda en haar pa, Kaptein (gespeel deur Darren Kelfkens).

Nadat ek op driejarige ouderdom met my gesin uit Springbok weggetrek het, het ons vir ’n ruk lank in Randburg kom bly – in Cherry Lane van alle plekke! En hier staan ek, net ’n paar weke voor ek en my kêrel terugtrek Kaap toe, in die einste straat waar my kinderdae in Gauteng begin het.

sy klink soos lente

Ou Stanislavski sou trots gewees het op my, want die feit dat ek as kind daar gebly het, maak toe kwansuis ’n hele wêreld van herinneringe oop. Ek dink aan die verhouding wat ek van kleins af met my eie pa koester en hoe hy altyd vir ons daar was met huis- en hartsdinge. Dit word deel van my emosionele journey vir die dag.

Linda het ’n baie goeie verhouding met haar pa. En al is sy ’n suksesvolle sakevrou, skram sy nie weg van rugby kyk en swembadtoerustig regmaak saam met hom nie. Darren Kelfkens is ’n uitstekende akteur om teenoor te speel. Ek was aanvanklik gegooi om te hoor dat “Jo van Egoli” my pa gaan speel, maar Darren het baie vinnig net weer eens bewys dat natuurlike, rou talent in enige medium kan inpas en aanpas.

Dis ’n lang dag wat sommer weer begin met ’n oggenddraf vir Linda. Kyk, ek is maar bly Linda is lekker fiks en oefen gereeld – dit gee my geleentheid om my oefening in te pas terwyl ek werk, en om die heerlike beskuit en koekies op stel skuldvry te kan verorber!

Amalia an Darren Kelfkens

Amalia an Darren Kelfkens

Ná die drafsessie beweeg ons oor na die meer emosionele tonele tussen Linda en haar pa. Ons woeker en ons werk hard. Ek moet huil en die trane meng met die sonroom en my oë brand so dat ek hulle nie kan oophou nie – movie making is not always glamorous! Tog, as Corné, die regisseur, aan die einde van die dag met ’n groot glimlag op sy gesig vir ons kom sê hoe gelukkig hy is, dan weet jy dis 100% die moeite werd.

Lees nou

Wêreld, ontmoet die hoofsanger van Groenblare, Ben #SKSL

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!

Sy Klink Soos Lente-lusmaker

Só baie SA flieks!