amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Amalia se insiggewende gesprek … op pad huis toe

Amalia Uys speel die hoofrol in die nuutste fliek wat SA aan die praat het, Sy Klink Soos Lente. Al ooit gewonder hoe dit voel om in ’n fliek te speel? Wel, soos sy hier skryf, gaan dit nie altyd net oor die lewe voor die kamera nie, maar ook oor die stories van die mense wat help … 

Amalia speel die rol van Linda, ’n beeldskone, uitgesproke ouditeur. Sy ontmoet Ben (gespeel deur Stiaan Smith) een aand in ’n kroeg. Hul storie begin daar, want om haar te beïndruk jok Ben vir haar en sê hy is in ’n band, Groenblare.

Gesprekke in ’n bussie

Vandag was ’n vinnige dag! Een toneel en teen 10:00 reeds ge-wrap. Die res van die span sal nog besig wees tot 17:00, maar my karakter word net vir die een toneel benodig. Jy tel nogal jou seëninge as jy sulke rustige dae het, want dit is in die algemeen glad nie die norm nie.

My toneel is saam met die talentvolle Bouwer Bosch. Hy speel Helgaard in die prent en is so bietjie van ’n antagonis (hy is ook een van die film se vervaardigers). Dit is die eerste vollengte-film wat sy maatskappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig, in samewerking met Film Factory.

amalia

FOTO Bennie Fourie, Stiaan Smith en Bouwer Bosch

Wat vir my vandag uitgestaan het, was nie soseer die toneel wat ons verfilm het nie, maar ironies genoeg die pad terug huis toe. Ek ontmoet die drywer Kenny en hy vertel my hy werk al vir dekades in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Kenny vertel vir my stories van die dae toe hy nog op Die Swart Kat se stel gewerk het as kostuum-assistent.

Die Swart Kat was my en my boetie se gunsteling-televisiestorie toe ons klein was en hier sit ek met ’n man wat op die produksie gewerk het! Kenny vertel ook dat dit vir hom tydens die apartheidsjare ’n aangename ervaring was om op produksies te werk. Volgens hom was daar op stel geen skeiding tussen wit en swart nie.

Wat ’n positiewe weergawe van gebeure in ’n tydperk van die Suid- Afrikaanse geskiedenis waaroor ons byna net negatiewe dinge hoor. Ja, daar was ongelooflike onregte en onregverdigheid, maar volgens Kenny het mense in die kunste na mekaar gekyk en is almal oor dieselfde kam geskeer. Ek moedig Kenny aan om ’n boek uit te bring hieroor. Dankie, Kenny, vir ’n rit wat ek nooit sal vergeet nie!

Lees nou

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!

Ontmoet die band! #SKSL

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent