amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Amalia gaan melk koop – kyk net hoe lyk sy!

Amalia Uys deel haar dagboek en in dié week se inskrywing wys sy hoe dit lyk as jy ’n winkeltrollie op nóg wiele laai! En sy vertel wat sy van nou af gaan aantrek as sy by die huis kom en besef “O vrek, die melk is op”.

Amalia skryf elke week oor haar dae op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente. Het jy al ooit gewonder oor die lewe van ’n aktrise? Ons trek vandag by Amalia se elfde dagboekinskrywing …

Trollie-dolly

Vanaand was ’n aand vol pret – weer eens! Ons skiet in ’n Pick n Pay en omdat ons moet wag vir die winkel om toe te maak voor ons kan begin verfilm, is dit nogmaals ’n night shoot.

Ek is mal oor my kostuum. Die talentvolle Camilla Jansen van Vuuren het ’n verwysing gebruik van een van Kate Moss se modelfoto’s uit haar jonger dae. Die idee is dat dit moet lyk asof Linda by die huis gekom het, begin gemaklik aantrek het en toe besef het “O vrek, die melk is op!” Het ons nie al almal daai oomblikke beleef nie? Ek dink die voorkoms werk soos ’n bom en oorweeg om dit sommer as inspirasie vir my eie klerekas te gebruik.

amalia

Terloops: Die handsakkie van bruin leer wat Linda gereeld dra, is my eie en was altyd my ma s’n. Dit was vir my vreeslik spesiaal dat ek dit tydens verfilming by my kon hou … Byna soos ’n gelukbringer – daai sakkie het al die wêreld gesien!

Ek het ’n voorliefde vir ’n ding met wiele en raak nogal kinderlik gelukkig as ek op iets kan rondry! Ek kry dit altyd op een of ander manier reg om iets met wiele op te spoor en dan my verskyning op stel te maak sodat die mense so bietjie vir my kan lag. Dit was al baba-motorfietsies, skaatsplanke, sleepwaentjies en rolstoele. Vanaand keer die wiele weer terug in die vorm van ’n winkeltrollie!

Maar dié keer is ek nie alleen nie. Ons sukkel om die regte invalshoek te kry vir een van die “over te shoulder”-skote en ná vele probeerslae besluit die regisseur: Nee wat, ons almal moet op die dolly - selfs die trollie! (Dolly is ’n filmterm vir ’n platform met wiele wat op ’n spoor gestoot word om ’n egalige skoot vir die kamera te bewerkstellig.)

amalia

Die trollie op die ‘dolly’

Ons almal neem ’n oomblik om eers die absurditeit en pure genot van die pretrit te waardeer, voordat ons weer aan die werk spring. Ek sit met ’n groot glimlag op my gesig – dis vrek lekker om movies te maak!

Lees nou

Was dit liefde? Amalia: “Dinge het net nie uitgewerk soos dit moes nie”

Die aand toe Amalia raas gekry het …

Oud-Pukke sê “ja” vir vriend se dare! #SKSL