amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Amalia kuier in JHB se China Town

Amalia Uys deel haar dagboek en in dié week se inskrywing vertel sy oor die toneel wat in China Town verfilm is. Jy lees reg, daar is ’n China Town in Johannesburg! Sy verklap ook meer oor Linda en Ben, die held, se romantiese danse in strate in Sy Klink Soos Lente!

Amalia skryf elke week oor haar dae op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek, Sy Klink Soos Lente. Het jy al ooit gewonder oor die lewe van ’n aktrise? Ons trek vandag by Amalia se sewende dagboekinskrywing …

China Town

In Cyrildene, ’n buurt in Johannesburg, lê die juweel weggesteek: ons eie China Town – kompleet met outentieke, kleurryke lanterntjies wat jou trots verwelkom.

amalia uys

Natuurlik gaan hierdie aweregse kombinasie van ’n paartjie hul eerste afspraak in China Town hê …hoe dan anders? Ben (Stiaan Smith) en Linda (Amalia) ontsnap weer eens na ’n oase, ’n plek waar hul rolle en status in die samelewing totaal irrelevant is, ’n spasie waar alles anders en byna fantasmagories is …

Ons arriveer en die kunsdepartement het heelwat voorbereidingswerk om te doen. Die winkel- en restaurant-eienaars is immers nog besig om hul plekke skoon te maak en voor te berei vir die nagskof. Dis besems wat vee en luide uitroepe uit verskeie oorde in Babelse tale.

amalia uys

Corne van Rooyen, Claudia Hamman, Camilla Janse van Vuuren en Stiaan Smith

Ek, Stiaan en die grimeerkunstenaar Claudia Hamman, wat teen dié tyd al ’n dierbare vriendin en vertroueling geraak het, besluit om te gaan explore. Die vet weet, dit voel of ons iewers in New York se China Town is! Ons word oorval met volksvreemde reuke, interessante voetgangers met nog méér interessante modes, eienaardige groentes en vrugte wat op die sypaadjies pronk.

Ons ontdek ’n klein winkeltjie met die vriendelikste, fynste Chinese tannie wat ek in my lewe al gesien het! Ons is nog besig om al die interessanthede in haar koutjiewinkeltjie te bespeur, toe sy haar produkte aan ons in gebroke Engels begin adverteer …

Van Chinese produkte tot bubble tee

amalia

Amalia Uys, Claudia Hamman en Stiaan Smith

It’s no rocket science, ons wil egte-egte bubble tea probeer … nie soos dié wat jy deesdae in kommersiële kettingwinkels kry nie – die regte, egte oorspronklike bubble tea!

Ons staan op die sypaadjie en neem als in, die visuele fees wat voor ons oë afspeel en die soet smaak van die onbekende wat letterlik dans in jou mond.

Tyd om te gaan werk, maar werk behels my hart uitspeel, dim sum eet, en later die aand dans Linda en Ben in die strate …

What can I say, I love my job!

Lees nou

Cover ‘Sy Klink Soos Lente’ en WEN!

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!

Sy Klink Soos Lente-lusmaker

Só baie SA flieks!