amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Amalia se senuwees as kêrel kom kuier

Amalia Uys deel haar dagboek en in dié week se inskrywing vertel sy wat haar ander beroep sou wees én hoe sy voel as haar kêrel op stel kom kuier.

Amalia skryf elke week oor haar dae op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek, Sy Klink Soos Lente. Het jy al ooit gewonder oor die lewe van ’n aktrise? Ons trek vandag by Amalia se agtste dagboekinskrywing …

Kom fliek saam: Sy Klink Soos Lente!

King Price

My karakter, Linda, is ’n suksesvolle ouditeur en vandag skiet ons al haar kantoortonele. Omdat King Price een van Sy Klink Soos Lente se hoofborge is, het hulle ons toestemming gegee om hul kantore in Pretoria te gebruik.

Kyk, as ek enigsins besluit om ’n makelaar te wees, sal ek seker maak ek kry werk by King Price! Nee regtig, dié plek lyk meer soos ’n pretpark as ’n korporatiewe reus. Daar is tafeltennis en foosball-tafels, helderkleurige ligte wat die hele plek vol flits en lieflike ontspan-areas en selfs kafeterias! Ek het nog nooit sulke cool kantore gesien nie.

amalia

Dis ’n voldag met baie verskillende tonele, so ek en Claudia Hamman (grimeerkunstenaar) en Camilla Jansen van Vuuren (kostuums en stilering) maak ’n mean team. Dis hare, grimering en een kostuumverandering na die ander. Ons het baie pret!

Maar my kêrel kom die dag op stel inloer en ek is skielik skoon op my senuwees om voor hom toneel te speel. Hy sit net met ’n breë glimlag op sy gesig en geniet die storie wat voor hom afspeel – vir ’n “watertegnoloog” is die kunste nogal ’n vreemde bedryf.

Ná die tyd vertel hy vir my hoe beïndruk hy met die filmspan is omdat dinge so vlot verloop. Hy het gedink omdat ons ’n klomp regterbreiners bymekaar is, is dit bra chaos op stel. Ek lag lekker en voel sommer trots.

Dis ’n heerlike dag op stel, al is dit Saterdag!

amalia

Claudia Hamman (grimeerkunstenaar) en Amalia

Lees nou

Kom fliek saam: Sy Klink Soos Lente!

sy klink soos lente premiere