sy klink soos lente
Sy Klink Soos Lente

Bouwer Bosch gesels met Lesego! #SKSL

Bouwer het ’n oomblik tussen die “rev van karre” en die verfilming van Sy Klink Soos Lente gebruik om met Lesego Molotsi te gesels.

Met net 50 dae oor voor die fliek landwyd in teaters begin draai, raak ons elke keer meer en meer opgewonde as ons een van die karakters ontmoet of ’n kykie agter die skerms kry. As jy nog nie weet nie, Sy Klink Soos Lente gaan oor Ben (Stiaan Smith), ’n selfvoldane werktuigkundige, wat een aand vir Linda (Amalia Uys), ’n beeldskone, uitgesproke ouditeur, in ’n kroeg ontmoet. Hulle gesels en daar is dadelik vonke. Toe Linda vir Ben vra wat hy vir ’n lewe doen, jok hy. Hy sê vir haar hy is die hoofsanger van ’n band. Waarom doen hy dit? Want Linda is nie in sy liga nie en boonop is haar pa sy baas.

Ontmoet vir Japie, een van die motorwerktuigkundiges in hierdie Afrikaanse fliek waaroor almal praat. Dis Lesego se eerste Afrikaanse film. En tussen die geraas van gereedskap en karre deur, gesels Bouwer met hom oor hoe dit voel om op stel te wees en oor wat hy geleer het.

Cover ‘Sy Klink Soos Lente’ en WEN!

As jy hou van sing, skryf in vir Sy Klink Soos Lente se liedjiekompetisie! Al wat jy hoef te doen is om jou eie weergawe van die temalied, “Sy Klink Soos Lente”, op te neem, dit op Facebook of YouTube te laai en in te stuur na liedjie@syklinksooslente.co.za.

Lees hier vir meer inligting; jy kan gróót wen!

Lees nou

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent

Ontmoet die band! #SKSL

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!