Stiaan Smith as Ben FOTO Werner Botha van Plastiek

Stiaan Smith as Ben FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Cover ‘Sy Klink Soos Lente’ en WEN!

Dieselfde woorde, maar ’n hele nuwe liedjie. Bouwer Bosch en die span van die Afrikaanse film waaroor almal praat, Sy Klink Soos Lente, nooi jou uit om jou eie weergawe van die temalied, “Sy Klink Soos Lente”, op te neem. Jy kan WEN! Kyk die eerste verwerking (cover) hier …

As jy na verskillende weergawes van een lied luister, sal elk ’n ander gevoel oordra. Die toon word subtiel oorgedra, want elke noot is ’n uitdrukking van die kunstenaar se interpretasie. Die uitkoms? ’n Lied waarvan die emosies in elke weergawe soos dag en nag verskil van al die ander. En dis presies wat met Bouwer se lied “Sy Klink Soos Lente” gebeur het.

Toe Bouwer vir die 18-jarige Almero Welgemoed vra om sy temalied vir die rolprent Sy Klink Soos Lente te verwerk, het Almero nie gehuiwer nie.

Hy het voor sy geliefde klavier ingeskuif en begin speel.

“Bouwer het my die oggend gevra om sy lied te verwerk en daardie middag het ons dit opgeneem,” vertel Almero telefonies aan SARIE.com.

Vir Bouwer was dit ’n ongelooflike ervaring om die nuwe weergawe van sy lied te hoor.

“Almero se weergawe van die song gee die lirieke ’n totaal ander betekenis en dit wys net weer eens hoe amazing musiek is. Jy kan met note en melodieë toor om ’n ander boodskap te kry.”

En Almero het getoor, want sy verwerking is ’n hartseer stuk, ’n tragedie wat woord vir woord ontvou.

In Bouwer se weergawe klink dit of die sanger sy meisie kry. Maar in Almero se weergawe het die meisie deur sy vingers geglip.

“Die weergawe het natuurlik gekom, want die minimalistiese klanke van die klavier het daarvoor gevra,” sê Almero, wat daarvan droom om eendag rolprentmusiek te komponeer.

Bouwer is mal oor dié weergawe.

“Ek is baie excited om te sien wat mense dink!”

Kyk Almero se weergawe van ‘Sy Klink Soos Lente’ hier:

Jeuk jou vingers ook om Bouwer se lied jou eie te maak? Hier’s jou kans!

Wen ’n liedjieskryfskool en ateljee-dag saam met Bouwer en 2 kaartjies na die première van Sy Klink Soos Lente.

Wat moet jy doen?

1. Laai “Sy Klink Soos Lente” hier af.

2. Verwerk hierdie liedjie en maak dit jou eie. Jy kan die lirieke hier en hier aflaai.

3. Neem dit af met enige toestel (selfoon, tablet, videokamera, ensovoorts).

4. Laai jou weergawe op Facebook of Youtube en stuur dit ook aan liedjie@syklinksooslente.co.za.

5. Die wenner sal op Lentedag, 1 September, aangekondig word.

Kyk Bouwer se ‘Sy Klink Soos Lente’ hier:

Lees nou

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent