sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Geen Egoli-Joe – so lyk Darren Kelfkens nou!

Jy ken hom dalk steeds as Joe van Egoli, maar daardie rol het Darren Kelfkens lankal afgeskud. Nóú dra hy die baadjie, oftewel, neem die knipbord op van ’n werkswinkeleienaar wat net die beste vir sy dogter wil hê.

Lees hier wat Darren deesdae doen!

Ons kan nie meer wag vir Sy Klink Soos Lente nie en deur die karakters beter te leer ken, maak ons net meer nuuskierig. Ontmoet hier die karakter van ’n hardwerkende pa wat net die beste vir sy dogter wil hê …

Sal jy sê dat dit ’n goeie besluit was om jou vorige werk op te gee vir die vermaaklikheidswêreld?

Dit was nooit vir my ’n kwessie van ’n “besluit” neem nie. Ek het bloot my passie gevolg. Ek is op my gelukkigste op ’n film- of TV-stel, hetsy as regisseur of akteur.

Watter medium verkies jy: sepie of film?

Definitief film. Ek is tans ’n regisseur by Isidingo en ek geniet dit baie, maar as dit kom by speel verkies ek film. Film is baie meer “akteur-vriendelik” en die proses laat jou toe om ’n rol dieper te ontgin. Sepies verskaf tonne werk vir plaaslike akteurs en ons almal bly dankbaar daarvoor, maar die proses is baie vinning en genadeloos.

Vind jy aanklank by jou karakter in Sy Klink Soos Lente?

Nie eintlik nie. Ek dink hy’s snaaks, maar as akteur is dit maar net ’n job om ’n karakter te speel. As mense my betaal, dan speel ek die karakter wat hulle geskryf het en hoop dat hulle tevrede sal wees met my interpretasie.

Noem een sêding van jou karakter wat uitgestaan het?

Hy is oënskynlik ’n hardekwas, maar eintlik is hy ’n softie wat net die beste vir sy dogter en sy werkers wil hê.

Het Suid-Afrika celebrities?

Celebrity-kultuur is ’n mite in Suid-Afrika. Akteurs is nie ons grootste sterre nie, sportmanne is. Ek voel glad nie beroemd nie, Nelson Mandela was beroemd, Tom Cruise is beroemd. Ek is seker daar’s duisende mense wat hierdie artikel lees wat dink “Wie de hel is hierdie ou anyway?”.

sy klink soos lente darren kelfkens

 

Waarna het jy in jou jong dae geluister?

Ek het na baie van my ouers se musiek geluister soos The Beatles, The Carpenters, The Beach Boys … My musieksmaak was meestal groepe soos America, The Doobie Brothers en later Crowded House, Kiss, AC/DC, Van Halen, Queen.

Is dit moeilik vir jou om ná al die jare Joe se karakter af te skud?

Ek skud ’n karakter af sodra ek van die stel afstap. Ek het 7 jaar gelede vir die laaste keer Joe gespeel, as daai karakter nog by my is, het ek groter probleme om oor te worrie!

Ek is in elk geval nie ’n akteur wat sy karakter huis toe neem nie. Ek verstaan nie hoe jy dit doen nie. Aan die einde van die dag is elke karakter net nog ’n job.

Het jy al ’n wit leuntjie vertel vir liefde? Of iets vreemds gedoen om iemand se aandag te kry?

Wit leuntjie… nee, maar groot swart leuens vir liefde – baie!

Lees nou

Kom fliek saam: Sy Klink Soos Lente!

Cover ‘Sy Klink Soos Lente’ en WEN!