amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Die aand toe Amalia raas gekry het …

Amalia Uys deel haar dagboek en in dié week se inskrywing vertel sy van die tye dat hulle tot in die vroeë oggendure besig is met verfilming en oor die keer toe die bure met haar geraas het.

Amalia skryf elke week oor haar dae op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek, Sy Klink Soos Lente. Het jy al ooit gewonder oor die lewe van ’n aktrise? Ons trek vandag by Amalia se negende dagboekinskrywing …

Kom fliek saam: Sy Klink Soos Lente!

Middernagtelike partytjies

Vanaand het ons ’n groot aand! Ons skiet by ’n bekende restaurant in Linden ’n toneel waar Ben vir Linda na haar werkgeleentheid vergesel. Dis aand en almal maak reg vir die marathon. Dis Red Bull, Berocca en Bar One’s net waar jy kyk!

Ek is só opgewonde oor my kostuum, hare en grimering vanaand. Corne, Claudia en Camilla het dinge haarfyn beplan om Linda steeds in karakter te hou, maar haar net so bietjie meer van ’n edge te gee. Linda is nie ’n meisie wat hou van rokke nie, so ek dra ’n baie stylvolle broek en helderrooi top. Die hare en grimering het ’n sterk 50’s-gevoel en dit lyk ongelooflik mooi. Ek voel sommer vol selfvertroue en reg vir die ding – gereed om weer ’n paar dans moves uit te haal!

Die aand verloop seepglad en ons is nie eers bewus van die tyd wat stadig maar seker aanstap nie. Vanaand is spesiaal in die sin dat ons soveel pret het in eintlik abnormale omstandighede. Ek is mal oor slaap, maar as ek ’n awesome movie kan maak, is ek 100% bereid om bietjie uit die kooi te bly.

Ons het ook ’n paar spesiale kuiergaste: Soos ek instap, begin Stiaan die een na die ander agtergrondspeler aan my voorstel en omtrent meer as die helfte is sy eie vriende en familie wat kom uithelp om die vertrek vol te maak! Dit maak ’n mens se hart sommer warm as jy sulke ondersteuning sien.

amalia

Fanie Cronjé het ’n draai kom maak om op stel om agter-die-skerms video’s te neem. Altyd lekker as hy kom kuier!

Almal is gefokus en werk hard en ons voel soos ’n span. Ek ry terug huis toe teen so vieruur in die oggend en voel op ’n high …By die huis aangekom, sit ek nog in my kar en luister na een van my gunsteling-liedjies op die radio toe ’n vrou aan my venster kom klop: “Excuse me, we are trying to sleep!”

Teruggeruk na die werklikheid vra ek met my mal 50’s-hare en bloedrooi lippe en al nederig om verskoning en skakel als af. Hoe verduidelik ek vir die vrou dat ek nie terugkom van ’n groot jol nie, maar dat ons pas magic gemaak het?

Lees nou

Só ontmoet jy ’n bekende in 5 stappe

Kom fliek saam: Sy Klink Soos Lente!