sy klink soos lente
Sy Klink Soos Lente

Die band wat Die Heuwels Fantasties se kollig gesteel het!

In ’n nuwe dokumentêr maak Hunter Kennedy sy hart oop oor ’n Afrikaanse groep wat op ’n tyd deel was van Die Heuwels Fantasties se voorvertoning, maar later hul kollig en aanhangers heeltemal gesteel het. Kan jy raai wie hierdie groep is?

Die eerste dokumentêr oor Groenblare, wat bestaan uit Ben, Ryan, Oom Fanie en JJ, is pas uit! Bekendes soos Hemelbesem, Hunter Kennedy, Reynardt Hugo van ADAM en Jannie du Toit is te sien in dié video. Hulle praat oor die impak wat Groenblare op Afrikaanse musiek gehad het en die fenomeen van hul musiek. In hierdie kort dokumentêr ontmoet jy ook vir Linda (Amalia Uys) wat nou Ben (Stiaan Smith) se eksmeisie is.

Hunter Kennedy vertel van die eerste keer dat hulle Groenblare ontmoet het:

“Die eerste keer dat ek van Groenblare gehoor het, is toe ons ’n bill gedeel het by Pukke se Jool. En toe ons op die stage gaan toe’t almal soos in die tou gestaan langsaan en gewag vir Groenblare se handtekeninge. So toe’t ons basically gespeel vir niemand nie”.

Kyk die dokumentêr hier:

Hierdie video oor die lewe, sukses en die lot van Groenblare in Suid-Afrika maak ons baie opgewonde! Die fliek Sy Klink Soos Lente, wat 30 September landwyd begin speel, vertel die storie van Groenblare se ontstaan.

sy klink soos lente

Bennie Fourie, James Cuningham, Stiaan Smith en Wilson Dunster.
FOTO Werner Botha/Plastiek

Is jy al nuuskierig?

Sy Klink Soos Lente gaan oor ’n motorwerktuigkundige (Stiaan Smith) wat sy baas se dogter (Amalia Uys) in ’n kroeg raakloop. Hy word onkant gevang deur haar sjarme, en vertel haar hy’s in ’n band. In sy kop is die volgende logiese stap om dan ’n band te begin. Hy en sy vriende van die werkswinkel span talente saam in ’n poging om haar hart te wen.

Bespreek nou jou kaartjies!

Datum: Donderdag, 8 September 2016, 19:30

Drag: Rock-ster-glans

Waar: Atterbury-teater, Lynnwood Bridge, Pretoria

Prys: R150 (sluit ’n lente-bederf in)

Koop kaartjies by Computicket