leandie du randt amalia uys
Sy Klink Soos Lente

Hoe maak Leandie & Amalia reg vir vanaand?

Vanaand is Sy Klink Soos Lente se première! En van die sterre sal vir die eerste keer dié romantiese komedie sien. Het jy al gewonder hoe bekendes regmaak vir so ’n geleentheid? En waarmee begin hulle, hare of grimering? En wat moet hulle in hul handsakke pak, aangesien die kameras oral flits?

SARIE.com het met twee Afrikaanse aktrises gesels om te hoor hoe hulle regmaak vir dié groot aand!

Amalia Uys

Sy speel die hoofrol, Linda. Vanaand is alle oë op haar en dit klink of sy gereed is! Haar Kaapse kêrel, Shaun Golding, is ook vanaand aan haar sy.

amalia uys

FOTO Marijke Willems

Amalia se rok vir vanaand?

Sy dra vanaand ’n rok wat spesiaal deur die Johannesburgse ontwerper Suzaan Heyns gemaak is.

“Die rok is romanties en sag met sagte kleure wat vloei,” vertel Amalia aan SARIE.com.

Sy het vir Suzaan foto’s gegee van rokke waarvan sy hou, en Suzaan het dit as inspirasie gebruik vir haar eie skepping.

Soos ons al Suzaan se rokke ken (sy het Rolanda Marais se trourok gemaak), kan ons nie wag om hierdie foto’s te sien nie!

Amalia het by die SARIE & King Price-première verlede Donderdag, 8 September, ’n Kobus Rautenbach-rok aangehad.

amalia uys

En hoe gaan Amalia se hare lyk?

Romantiese krulle wat sag oor haar skouers gaan val, met dele wat opgevat is.

In watter volgorde maak sy reg vir die aand?

1. Hare

2. Grimering

3. Haar uitrusting

Wat is in Amalia se handsak vir die aand?

Lipstiffie, haar selfoon, sneesdoekies en geld.

 

Leandie du Randt-Bosch

leandie

FOTO Marijke Willems

Vanaand is Leandie aan die sy van haar man, Bouwer Bosch. Want nie net speel hy in Sy Klink Soos Lente nie, maar hy is ook een van die vervaardigers en deel van die bemarkingspan wat hierdie première reël.

Toe ons vanoggend met Leandie gesels het, was sy steeds siek en onseker of sy die première sal kan bywoon. As sy wel gaan, sal sy gemaklik aantrek. Leandie noem dat vanaand nie haar aand is nie, maar haar man en die hele Sy Klink Soos Lente-span se geleentheid is. Vanaand is daar dus geen druk op haar nie en kan sy net gemaklik wees.

“Dis vanaand my man se aand. En ek is baie trots op hom. Hy het hard gewerk,” vertel Leandie aan SARIE.com.

Ons kan nie wag om te sien wat Leandie kies nie! Dit sal vanaand die eerste keer wees dat sy die finale weergawe van Sy Klink Soos Lente kyk.

In watter volgorde maak sy reg vir die aand?

1. Stort & hare was

2. Blaas haar hare droog. As daar tyd is, los sy liewer haar hare om natuurlik droog te word.

3. Grimering

4. Krul haar hare

5. Uitrusting

Wat is in Amalia se handsak vir die aand?

Vanaand sit sy Calcivita, kougom, lipstiffie en haar mediese kaart in haar handsak (sy hou hierdie kaart altyd byderhand).

Hou vanaand ons sosiale platforms dop om te sien hoe lyk die sterre, veral wat Leandie besluit het om aan te trek en hoe Amalia se Suzaan Heyns-skepping lyk!

Lees nou

Amalia se senuwees as kêrel kom kuier

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!

Sy Klink Soos Lente-lusmaker