amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Kyk Amalia se mooi kamer – en sjoe, daai béd!

Amalia Uys deel haar dagboek en in dié week se inskrywing gee sy byna-byna te veel weg oor een van die belangrikste tonele! En sy vertel waar jy grimering doen as julle in ’n huis skiet waar daar mense woon …

Amalia skryf elke week oor haar dae op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek, Sy Klink Soos Lente. Het jy al ooit gewonder oor die lewe van ’n aktrise? Ons trek vandag by Amalia se tiende dagboekinskrywing …

Linda se toring

Linda is baie suksesvol vir haar ouderdom. Sy is een van daai uitskieters wat altyd A’s op skool gekry het en daarna op universiteit net nog beter gedoen het. Haar sukses wys in die wêreld wat sy vir haarself skep en ek dink die fliek se kunsdepartement slaan die spyker op die kop met die huis wat hulle vir my karakter gekry het.

Dis ’n hipermoderne en ruim woonstel in Melville en die look & feel van die spasie pas perfek in by Linda se geaardheid sowel as die kleurpalet van die film.

Om woonhuise as plek vir verfilming (location) te huur is nogal ’n kopseer; eienaars is met reg baie streng. Ons moet seker maak ons bly by die reëls en regulasies, anders word ons summier uitgeskop!

amalia

Hare en grimering word sommer in die motorhuis gedoen en ons beweeg net binnetoe as ons heeltemal gereed is vir verfilming.

Oor wat presies op dié dag geskiet word, kan ek nie te veel uitwei nie, want dan gee ek die helfte van die film weg. Een ding is seker: twee van die belangrikste tonele tussen Ben (gespeel deur Stiaan Smith) en Linda word hier geskiet. Albei is verantwoordelik vir ’n uiters roerende draaipunt in hulle liefdesverhaal.

Ons speel ons harte uit en geniet elke oomblik – natuurlik ook om pizza te eet in een van die tonele! Ek’s mal daaroor as ek gemorskos kan eet omdat dit “my werk” is!

In hierdie tonele kom die essensie van Sy Klink Soos Lente vir my saam: om die waarheid na die teks te bring deur te werk met subtiele humor en emosie, terwyl die musikale aspek van die film sterk en ondersteunend na vore kom …

Jy sal moet kyk; jy sal beslis geniet!

Lees nou

Die aand toe Amalia raas gekry het …

Oud-Pukke sê “ja” vir vriend se dare! #SKSL

Die band wat Die Heuwels Fantasties se kollig gesteel het!

Lente klink … Bouwer, Amalia, Bennie, Corné vertel