sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent

Sy Klink Soos Lente se amptelike lokprent is hier! Wat sou jy doen as jy die meisie van jou drome ontmoet en dink jy’s nie goed genoeg vir haar nie? Jy vertel ’n witleuen, natuurlik …

Dit is nou byna 90 dae voor dié fliek oor musiek, liefde, karre en kitare begin! Ons kan nie meer wag om hierdie rolprent met bekendes soos Amalia Uys, Elize Cawood, Bouwer Bosch, Darren Kelfkens en Wilson Dunster op die grootskerm te sien nie!

Ben (Stiaan Smith), ’n selfvoldane werktuigkundige ontmoet vir Linda (Amalia Uys), ’n beeldskone, uitgesproke ouditeur een aand in ’n kroeg. Hulle gesels en daar is dadelik vonke. Toe Linda vir Ben vra wat hy doen vir ’n lewe, jok hy. Hy sê vir haar hy is die hoofsanger van ’n band. Waarom doen hy dit? Want Linda is nie in sy liga nie en boonop is haar pa sy baas.

FOTO Werner Botha van Plastiek

FOTO Werner Botha van Plastiek

Linda hou dadelik van die sjarmante “muso”, maar Ben moet steeds Groen Blare (die naam van sy band) begin om sy leuen vol te hou. Só sal hy mos haar hart wen, of hoe?

Danie Bester, een van Sy Klink Soos Lente se vervaardigers, sê:

Sy Klink Soos Lente is ’n opwindende vertrek en vernuwing  van die Afrikaanse romantiese komedie-genre. Corné van Rooyen se sensitiewe regie en Stiaan Smith se vars teks skep ’n wonderlike palet vir die beeldskone Amalia Uys en Stiaan Smith se aangrypende karaktervertolkings.”

Kyk die lokprent hier:

The Film Factory wat Vir Altyd gemaak het en Bouwer Bosch Films het dié storie oor onverwagse vriendskappe, passie en selfontdekking geskep.

Lees nou

Sy Klink Soos Lente-lusmaker

Die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente

Bouwer Bosch gee sneak peek agter die skerms by Sy Klink Soos Lente