sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Lente klink … Bouwer, Amalia, Bennie, Corné vertel

Sy Klink Soos Lente, die romantiese komedie waarvan SARIE die mediavennoot is, is pure lekkerte – In dié romantiese komedie raak die werktuigkundige Ben (Stiaan Smith) verlief op Amalia Uys se karakter, Linda, die beeldskone ouditeur, wat weet wat sy in die lewe wil hê. Dis ’n fliek wat jou weer moed vir die liefde gee.

En Oktober, die mooiste, mooiste maand is om die draai … die maand van die liefde. So kom ons wag – paraat—op Cupido se pyltjies.

Weet jy hoe klink lente?

Vir Amalia Uys, oftewel Linda, klink lente soos: “Jakarandabloeisels wat die pad tref as hulle grond toe dartel, soos jasmyn wat jou verwelkom as jy by jou voordeur uitstap … Lente klink soos ysblokkies in ’n glas en die vrolike gelag van pas ontwaakte hiberneerders. Lente klink soos braaivleisvure en pieknieks in die park en tone wat die oppervlak van die swembad kielie. Lente klink soos liefde!”

amalia uys

FOTO Werner Botha van Plastiek

 

Bouwer Bosch, oftewel Helgaard, die suit in dié storie, reken: “Rustig, tevrede en ’n tikkie weerloos … so asof die bome hul ware kleure wys.”

Bouwer Bosch FOTO: Werner Botha van Plastiek

Bouwer Bosch
FOTO Werner Botha van Plastiek

 

Bennie Fourie oftewel JJ, een van die lede van die band, Groenblare, sê weer: “Lente klink soos honde wat blaf omdat hul eienaars die guts het om weer in die parkie te gaan stap. Lente klink soos die eerste maand van ’n nuwe verhouding. Lente klink soos … bommies in die swembad.”

sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

 

En vir die regisseur, Corné van Rooyen, klink lente soos: “Kaalvoet loop, selfs in die supermark, want ek hou nie van skoene nie!”

sy klink soos lente

Corné van Rooyen en Amalia

 

As jy wil hoor hoe lente klink, bespreek nou kaartjies vir die Sy Klink Soos Lente-première op hiérdie Donderdag, 8 September!

sy klink soos lente premiere

 

Bespreek nou jou kaartjies!

Datum: Donderdag, 8 September 2016, 19:30

Drag: Rock-ster-glans

Waar: Atterbury-teater, Lynnwood Bridge, Pretoria

Prys: R150 (sluit ’n lente-bederf in)

Koop kaartjies by Computicket