sy klink soos lente

FOTO Werner Botha van Plastiek

Sy Klink Soos Lente

Ster-Kinekor se ladies’ night: Gaan fliek vóór die res van die land!

Jy het nog nie ’n romcom soos hierdie gesien nie. Dít is die gevoel onder almal wat al Sy Klink Soos Lente gesien het. Jy en jou vriende en vriendinne het nou die kans om hierdie nuwe Afrikaanse fliek voor die res van die land te sien: môre al!

Dié fliek oor musiek, liefde, karre en kitare begin amper! Ons kan nie meer wag om hierdie rolprent met bekendes soos Amalia Uys, Elize CawoodBouwer Bosch, Darren Kelfkens, Bennie Fourie en Wilson Dunster op die grootskerm te sien nie!

Maar op Woensdag 21 September kan vroue hulle regmaak vir ’n vroueaand saam met Sy Klink Soos Lente! Hierdie romantiese fliek soos geen ander nie, wys spesiaal en eksklusief in 7 teaters landwyd.

Amalia nooi alle vroue!

Bespreek jou kaartjies nou vir 21 September 2016 om 20:00 by hierdie 7 Ster-Kinekor-teaters:

1. Ster-Kinekor Mimosa, Bloemfontein

2. Ster-Kinekor Brooklyn, Pretoria

3. Ster-Kinekor Cradlestone, Krugersdorp

4. Ster-Kinekor Cresta, Johannesburg

5. Ster-Kinekor Kolonnade, Pretoria

6. Ster-Kinekor Tygervallei, Kaapstad

7. Ster-Kinerkor Garden Route, George

Kaartjies kan nóú by Ster Kinekor bespreek word. Moenie dié geleentheid misloop nie!

Waaroor gaan Sy Klink Soos Lente?

Wat sou jy doen as jy die meisie van jou drome ontmoet en dink jy’s nie goed genoeg vir haar nie? Jy vertel ’n wit leuen, natuurlik …

Ben (Stiaan Smith), ’n selfvoldane werktuigkundige ontmoet vir Linda (Amalia Uys), ’n beeldskone, uitgesproke ouditeur een aand in ’n kroeg. Hulle gesels en daar is dadelik vonke. Toe Linda vir Ben vra wat hy doen vir ’n lewe, jok hy. Hy sê vir haar hy is die hoofsanger van ’n band. Waarom doen hy dit? Want Linda is nie in sy liga nie en boonop is haar pa sy baas.

Amalia Uys sê:

“Ek het absoluut verlief geraak op die storie en die karakters. Sy Klink Soos Lente is beslis nie jou alledaagse Afrikaanse romantiese komedie nie.”

Corné van Rooyen, bekend vir Hollywood in my huis, is die regisseur en die film word vervaardig deur Bouwer Bosch, Danie Bester, Rachelle Crous, Stiaan Smith en Tina Kruger.

Bouwer sê:

“Verwag die lekkerste en mooiste Afrikaanse songs en verwerkings. Die musiek in Sy Klink Soos Lente gaan mense van vooraf verlief maak op Afrikaanse musiek.”

Lees nou

Die band wat Die Heuwels Fantasties se kollig gesteel het!

Oud-Pukke sê “ja” vir vriend se dare! #SKSL

Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier!